Boot­vaart op Zam­be­zi­ri­vier is iets be­son­ders

Beeld - - Leefstyl - VRAAG: ANT­WOORD:

Ek het die in­lig­ting in ’n on­lang­se “Reis saam met Jens” oor die maan­re­ën­boë by die Vic­to­ria­wa­ter­val in­sig­ge­wend ge­vind, want ons gaan een van die dae daar­heen. Ons pro­gram vir die drie dae wat ons daar gaan wees, is taam­lik vol, maar daar is nog een dag oop. Ons wik en weeg oor wat om dan te doen. My man is in ’n rol­stoel en ek is 72. Dit moet dus nie iets waag­hal­sigs wees nie en ek wil my nie be­kom­mer dat din­ge ver­keerd gaan loop nie. Wat sal jy aan­be­veel? – El­lie van der West­hui­zen, Nel­spruit As dit nog nie op jul reis­plan is nie, sal ek be­slis ’n vaart op die Zam­be­zi sterk oor­weeg.

Met ons be­soek aan Zam­bië en die Vic­to­ria-wa­ter­val was dit een van die din­ge wat ons ge­doen het én on­ver­wags baie ge­niet het.

Dit het heel op die in­ge­wing van die oom­blik ge­beur na­dat ons na­vraag ge­doen het by die ak­ti­wi­teitsen­trum by ons ho­tel. Die aand­e­te-trein­rit was nie op dié dag be­skik­baar nie en ons het die wil­drit­voer­tuig net-net mis­ge­loop. Só ge­beur dit toe dat ons op die A­fri­can P­rin­cess se vaart met son­on­der gaan.

Dié boot is deel van die A­fri­can Queen-groep en is ge­noem na prin­ses E­li­za­beth wat van­me­leë hier aan­ge­doen het.

Dit ver­trek van­af die Roy­al Mi­le langs die Zam­be­zi aan die Zam­bie­se oe­wer.

Vir só ’n vaart gaan jy R1 000 per per­soon be­taal. Dit mag dalk na baie klink, want jy is net twee uur op die boot, maar dit sluit on­be­perk­te drank en eet­goed in, as­ook die op- en af­laai by jou ho­tel.

Jy sal be­slis goed­ko­per vaar­te raak­loop as jy op die in­ter­net soek, maar aan­ge­sien jul­le ou­er is en na iets be­trou­baars soek, sal ek dié vaart aan­be­veel. Jy weet wat jy gaan kry. Ek het 15 jaar ge­le­de ook hier op A­fri­ka se vier­de groot­ste ri­vier ge­vaar en die diens is steeds goed.

As jy dalk ’n nag­mer­rie het dat die mag­ti­ge ri­vier jou gaan mee­sleur, kan jy rus­tig slaap, want dié boot het meer as een en­jin. Jou v­rees is eg­ter nie on­ge­grond nie. Dit ge­beur ge­reeld dat selfs o­li­fan­te en see­koeie deur die wa­ter weg­ge­voer word en dat dié ar­me die­re dan oor die Vic­to­ria-wa­ter­val stort, het ’n gids op die boot ver­tel.

Die vaart be­gin om 15:30 (toe ons in A­pril daar was) en ná drie uur is jy uit en tuis.

As jy be­spreek, word dit dui­de­lik ge­stel hul­le kan nie waar­borg dat jy die­re gaan sien nie.

Ja, het ek ge­dink, dis met re­de dat hul­le só waar­sku, want aan­vank­lik het die gids net vir ons vo­ëls in die bo­me uit­ge­wys. As dit só gaan, kan jy meest­al weet dat daar nie veel ge­sien gaan word op ’n wil­drit nie. Maar my voor­oor­de­le was ver­keerd, want ons het ’n trop see­koeie in vlak wa­ter ge­sien, as­ook ’n o­li­fant, wa­ter­bok­ke en buf­fels ’n ent weg.

Die boot vaar so­wat 6 km en dis ’n heer­li­ke rus­ti­ge ma­nier om die tyd te ver­wyl en te kui­er. Daar was van kleu­ters tot grys­aards wat nie meer be­lang­stel in a­dre­na­lien­ge­vul­de ak­ti­wi­tei­te nie. Lig­te eet­goed soos hoen­der­stuk­kies en blok­kies piz­za is be­dien. Ons het die Mo­si­bier, die ge­wild­ste in Zam­bië, ge­niet.

Jy is deu­ren­tyd be­wus van die groots­heid van die ri­vier, maar die mees­te nog as jy tot op die der­de dek klim van waar jy ’n wye blik het. Van hier kan jy die sproei van die Vic­to­ria-wa­ter­val van ver af sien.

Die A­fri­can P­rin­cess vaar tot daar waar die Zam­be­zi in drie ka­na­le ver­tak voor­dat dit oor die wa­ter­val stort. Dit gooi dan daar an­ker en jy kan sien hoe die son al hoe la­er sak tot­dat dit gaan slaap.

Dit was ’n oom­blik wat my sal by­bly. Die A­me­ri­ka­ners uit Flo­ri­da en die Ne­der­lan­ders uit Den Haag het spon­taan be­gin han­de klap.

Dit was groots. Mag jou er­va­ring die­self­de wees.

Fo­to: JENS FRIIS

Die A­fri­can Queen, die sus­ters­boot van die A­fri­can P­rin­cess, ver­trek van­af die kaai op die Zam­be­zi­ri­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.