Maak ’n draai vir tra­di­si­o­ne­le lek­ker­nye in ku­li­nê­re he­mel

Beeld - - Leefstyl -

Die­ge­ne wat ge­dink het hul­le gaan lang­tand peu­sel aan die Pool­se spys­kaart van vark­vleis, aar­tap­pels en kool, gaan op ’n be­soek aan Po­le die ver­ras­sing van hul le­we kry.

Re­stau­ran­te in die land het wa­ter­tand­ge­reg­te, be­rei deur van die land se top­s­jefs, wat smul­pa­pe sal laat dink hul­le is in die ku­li­nê­re he­mel.

Vir die­ge­ne wat aan tra­di­si­o­ne­le lek­ker­nye wil weg­lê, is die Pod Fe­dra-re­stau­rant in die hart van Wro­claw ’n móét.

Dié re­stau­rant op die his­to­rie­se mark­plein langs­aan die ge­skied­kun­di­ge stads­huis, het ’n groot ver­skei­den­heid Pool­se ge­reg­te wat voor die gas­te be­rei word. Dit sluit ek­so­tie­se fyn­kos uit die Pool­se wou­de en vel­de in.

Vir voor­ge­reg was daar oscy­pek – ge­sou­te en ge­rook­te skaap­melk­kaas, wat ge­roos­ter is en voor­ge­sit word met prui­me en blou­bes­sies.

Dit is ge­volg deur Oe­kra­ïn­se rooi beet­sop met ge­bak­te aar­tap­pels.

Die hoof­ge­reg was ge­noeg om ’n le­ër­ska­re te voed. In een ta­maaie bord was skaap­tjops met ge­ma­ri­neer­de prui­me en ’n sous van roos­ma­ryn en knof­fel, gans­bor­sies met murg­pam­poen­tjies en blou­bes­sies, ge­roos­ter­de bief­stuk met swart­pe­per, vark­len­de toe­ge­draai in spek, hoen­der­bor­sies met pa­pri­ka en vars ge­roos­ter­de salm met kap­per­tjie­sous.

As­of dié nie reeds meer as ’n mond­vol was nie, was daar ge­braai­de spi­na­sie met ’n tik­kie knof­fel, vars groen­bo­ne in bot­ter en wil­de sam­pi­oe­ne in room ge­sto­we met uie.

Na­ge­reg kon niks an­ders as ’n tra­di­si­o­ne­le pavlo­va wees nie.

Die Po­le is mees­ters as dit by sop maak kom. Een van die lek­ker­ste sop­pe wat ek nóg ge­proe het, ’n ro­me­ri­ge pam­poen­sop met a­man­dels, voor­ge­sit met ge­bak­te bok­melk­kaas, is in ’n re­stau­rant in War­schau voor­ge­sit.

Vol­gens Pool­se tra­di­sie word ’n goeie maal­tyd al­tyd af­ge­spoel met ’n goeie dran­kie of twee.

Dié spys­kaart skiet nie te­kort nie en bied ’n groot ver­skei­den­heid wod­ka, bier en wyn.

Die wod­ka wat met kruie ge­maak is, is aan te be­ve­le en daar is ook te kus en te keur on­der ver­skeie or­ga­nie­se wod­ka-soor­te.

Maar wees ver­sig­tig, al­mal skop, nog meer as Suid-A­fri­ka se mam­poer.

Beeld LEEFSTYL 35

Ko­nings­kos: een van die tra­di­si­o­ne­le ge­reg­te in die Pod Fe­dra­re­stau­rant in die hart van Wro­claw.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.