’n In­ko­pie­mek­ka

Beeld - - Leefstyl -

Van Kra­kow tot Kiel­ce en Ka­lisz is Po­le se ste­de mek­kas vir in­ko­pies doen. El­ke groot stad spog met ver­skeie mo­der­ne win­kel­sen­trums, soort­ge­lyk aan dié in Suid­A­fri­ka, met die mees­te van die groot bui­te­land­se han­dels­na­me. Selfs Pep­kor van Suid­A­fri­ka se Pe­p­co­win­kels pryk in tal­le van dié sen­trums.

On­der die an­der in­ter­na­si­o­na­le klein­han­de­laars tel Za­ra, H&M, Tom­my Hil­fi­ger, Hugo Boss, Mi­cha­el Kors en ’n rits an­der. Dié in­ter­na­si­o­na­le huur­ders word groot­liks ge­lok deur die sterk koop­krag van die Pool­se be­vol­king.

In War­schau, die Pool­se hoof­stad, word die klein­han­del­mark oor­heers deur win­kel­sen­trums, waar 69% van klein­han­del­ei­en­dom is.

Dié stad word be­dien deur ’n to­taal van 39 win­kel­sen­trums. Die koop­krag van die stad se in­wo­ners be­loop € 10 807 per ca­pi­ta per jaar, wat 68% ho­ër is as die na­si­o­na­le ge­mid­del­de van € 6 437 per ca­pi­ta per jaar.

Een van die Suid­A­fri­kaan­se Pep­kor se Pe­p­co­win­kels in ’n win­kel­sen­trum in Ka­to­wi­ce.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.