Die wa­re be­ko­ring van die Berg­kwag­ga­park lê nie net in die be­sig­ti­ging van ’n be­son­der­se dier wat van die rand van uit­wis­sing te­rug­ge­ruk is nie, maar ook in land­skap­pe wat ’n mis­tie­ke on­ein­dig­heid be­klem­toon.

Beeld - - Leefstyl -

Ons het nie leeus ge­sien nie, maar ons het hul­le da­rem hoor brul. Of só het ons die vo­ri­ge nag in die kam­peer­ter­rein van die Berg­kwag­ga-park ge­dink. ’n Mens hoor en sien mos al­tyd wat jy wíl hoor en sien.

En die Berg­kwag­ga-park an­der­kant Cra­dock in die Ka­roo het vir ons eint­lik net twee din­ge be­te­ken: leeus (wat in 2013 in dié park vry­ge­laat is) en die berg­kwag­ga. Ja, dít wou ons (ver­al) sien.

Dit was as­of die berg­kwag­gas voor­af ons ver­sug­ting ge­hoor en e­re­wag­te in die veld ge­vorm het toe ons die mid­dag laat die park bin­ne­ry.

Dis van­dat ek die beroemde “Ba­vi­aans­kloof-skry­wer” P.H. Nor­tjé se In voet­pad se kloof ge­lees het dat ek dié be­son­der­se dier in le­wen­de ly­we wou sien.

Kort­liks gaan dié boek oor die groot soek­tog na die kloof se laas­te twee berg­kwag­gas om hul- le te red. Dis net so­wel ek het toe al ge­weet die Berg­kwag­ga­park is al in 1937 op 1 712 ha ge­stig om die toe by­na uit­ge­roei­de berg­kwag­ga se voort­be­staan te ver­se­ker, want ek was erg moe­de­loos na­dat ek die boei­en­de boek klaar ge­lees het.

Vir my was die Berg­kwag­ga­park al­tyd net dít: die park waar dié dier weer sy be­vol­kings­ge­tal­le in ’n vei­li­ge om­ge­wing kon op­stoot.

Tog sou dit nie moont­lik ge­wees het nie son­der die aan­lig­gen­de boere Paul Mi­chau en H.L. Lom­bard, wat van die oor­bly­wen­de berg­kwag­gas op hul pla­se be­skerm en toe on­der­skei­de­lik ses en 11 daar­van aan die park ge­skenk het.

Van­dag is daar so­wat 750 berg­kwag­gas in die park wat, dank­sy die uit­koop van om­lig­gen­de pla­se, al tot 28 412 ha ge­groei het.

Dan ís Vry­heids­dag mos net die reg­te dag om dié be­son­der­se park te be­soek, be­sluit ek en my reis­maat, Hei­lie Com­brinck, wat boon­op die nu­we VW Kom­bi Ca­ra­vel­le TDI toets­be­stuur.

Dié kom­bi se ag­ter­ste sit­plek­ke slaan jy plat om bed te maak. Dan kan ons dus weer die glam­ping- ding doen. En daar gaan ons – tot die kamp­tan­de toe ge­wa­pen met hout, ke­tel­tjie, gas­sto­fie, braai­goe­ters en wat nog.

Oeps . . . die kamp­stoe­le. En daar sit ons twee toe soos hoen­der­tjies op ’n stel­la­sie op die kom­bi se trap by die oop skuif­deur en kyk na ons vuur­tjie. Maar ons is te­vre­de, want die nag­he­mel is sil­wer van die ster­re –o­ral om ons is vre­de.

Die an­der kam­peer­ders praat met ge­demp­te stem­me en ons prys A­fri­ka weer vir sy aard­se na­tuur­prag, ver­naam om­dat ons laat­mid­dag die groot voor­reg ge­had het om ’n aard­wolf te kon sien.

Die Ca­ra­vel­le is toe nie so slaap­vrien­de­lik soos die ou brood­blik-kom­bi’s nie, maar dis ou­kei, ons is in die Berg­kwag­ga­bos . . . net­nou, net­nou hoor ons die leeus brul.

En toe is dit só hier vlak langs die kar. Kan mos nie wees nie – die kam­peer­ter­rein is dan om­hein! Loer bui­ten­toe . . . Die “ge­brul” kom uit die piep­klei­ne tent langs ons.

Ons maak toe al die kar se ven­sters toe om die ge­snork van wie ook al in daar­die tent­jie te ver­doof.

Vroeg die vol­gen­de og­gend hoor ons toe in­der­daad reg­te leeus brul en dit klink baie mooi. Die tent­jie met die pienk plak­kies bui­te roer. Die rits­slui­ter gaan oop en ons bly kyk om te sien wie só in­druk­wek­kend kan snork. ’n Prag­ti­ge vrou! ’n Pot­te­bak­ker van Botswa­na.

Haar man en twee­ling­seuns het in die groot tent langs die 4x4-bak­kie ge­slaap.

“Het jul­le my hoor snork?” vra sy la­ter. “Dis hoe­kom ek een­kant in die tent­jie slaap. Van­dat ek kin­ders ge­kry het, snork ek so.”

Lek­ker, dié kui­er tus­sen me­de­kam­peer­ders in ’n na­si­o­na­le park.

Ná ’n paar kop­pies kof­fie en baie ge­sels ry ons weer deur die park. B­les­bok, gems­bok, rooi­hart­bees, swart­wil­de­bees, bob­be­jaan, blou­a­pie, vol­struis . . . man, dis lek­ker in die Berg­kwag­ga­park, ver­naam­lik met die ber­ge wat blou ag­ter me­kaar in­vou en só die mooi­ste na­tuur­raam om e­ni­ge veld­to­neel trek.

Maar die bes­te van al­les is die berg­kwag­ga, die dier wat be­tyds van uit­wis­sing ge­red is.

Die Berg­kwag­ga-park het in­der­daad sy naam eer­vol ge­stand ge­doen.

Ons sal weer gaan. En weer en nog ’n keer, want daar is ook spe­si­a­le na­grit­te, 4x4-roe­tes, be­ge­lei­de toe­re na rots­te­ke­nin­ge, jag­lui­perd-spoor­sny én be­ge­lei­de stap­toe­re. ) Be­soek moun­tai­n­ze­bra­park.com, ska­kel 048 124 27/3434 of stuur e-pos na moun­tai­n­ze­bra@san­park.org vir meer in­lig­ting.

En toe ver­geet ons die kamp­stoe­le. Ons moes soos hoen­ders op ’n stel­la­sie in die kom­bi­deur sit en na ons knet­te­ren­de vuur­tjie kyk.

Die Ca­ra­vel­le en die piep­klein tent waar­in die “groot leeu” ge­slaap het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.