OP I­ZEL­LE HOFF­MAN SE

Beeld - - Leefstyl -

I­zel­le Hoff­man is ’n di­na­mie­se fyn­proe­wer wat haar pas­sie vir men­se, kos en tuin­maak (ver­al groen­te kweek) ver­e­nig en só ’n ver­skil maak.

Sy is be­kend in Suid-A­fri­kaan­se ko­s­krin­ge, al het sy nie for­me­le sjefs­op­lei­ding nie. I­zel­le het in ’n huis groot­ge­word waar fan­tas­tie­se kos al­tyd ’n bron van voe­ding en troos was. Dié ag­ter­grond het haar ge­ïn­spi­reer om uit te reik na men­se vir wie ge­son­de kos nie ’n re­a­li­teit is nie.

Sy hou daar­van om groen­te te kweek en met ver­skil­len­de geur­kom­bi­na­sies te eks­pe­ri­men­teer.

I­zel­le is ook ’n sa­ke­vrou met goeie be­mar­kings­vaar­dig­he­de. Haar lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie, I’M­pos­si­ble, het ver­skeie uit­reik­pro­gram­me wat die le­we van baie min­der be­voor­reg­te men­se in Suid-A­fri­ka aan­raak.

I’M­pos­si­ble (ma­ke­t­hings­pos­si­ble.co.za) fo­kus op voe­ding, op­voe­ding, sport­ont­wik­ke­ling en om­ge­wings­vol­hou­baar­heid om ge­meen­skap­pe in te lig en uit ar­moe­de te help op­hef.

I­zel­le was ook al ’n paar keer op die k­lein kas­sie te sien waar sy ver­skeie kook­in­set­sels op Su­perS­port aan­ge­bied het met die hulp van die land se top­spe­lers in die P­re­mier­sok­ker­liga (PSL).

Sy wil Suid-A­fri­ka­ners aan­moe­dig om ’n ge­son­der di­eet ryk aan groen­te (wat hul­le ver­kies­lik self kweek) te volg. Sy werk aan ’n i­dee om ’n drie-stap­pe-doen­dit-self-groen­te­tuin­tjie te ont­wik­kel wat by­me­kaar ge­sit en ge­bruik kan word in e­ni­ge soort leef­a­rea.

I­zel­le het on­langs die Frai­che­han­dels­naam (frai­che­on­li­ne.com) be­gin wat sa­me­wer­king met May­ford en Far­mWi­se be­hels om men­se be­wus te maak van ’n ge­son­de leefstyl.

“Tyd en ge­sond­heid is twee be­lang­ri­ke din­ge wat geen geld kan koop nie. Dit is twee van die kos­baar­ste din­ge in jou le­we. Ons le­we net een keer en het net een lig­gaam. My ge­loof sê vir my my lig­gaam is ’n tem­pel en ek moet mooi daar­na kyk, en dit is wat ek el­ke dag pro­beer doen,” sê sy.

Om ge­sond te leef en te eet be­te­ken nie jou di­eet moet ver­ve­lig en be­perk wees nie, ver­al nie wan­neer dit by groen­te kom nie. Te veel kin­ders word groot son­der toe­gang tot vars groen­te. Baie kin­ders ge­niet nie groen­te nie en weet nie eens waar dit van­daan kom nie. Dít is iets wat I­zel­le wil ver­an­der.

“Groen­te moet op ’n pret­ti­ge, k­leur­vol­le en heer­li­ke ma­nier die ba­sis wees van jou voe­ding.”

Daar­om het sy vir ons ’n Son­d­ag­ta­fel by­me­kaar­ge­sit waar groen­te die ster is, van die hoof­ge­reg tot die poe­ding.

“Ek het hier­die re­sep­te ge­kies om­dat dit van my guns­te­ling­dis­se is. Ek is lief daar­voor om met ver­skil­len­de kleur- en smaak­sen­sa­sies te speel as dit in die kom­buis kom. Om ‘skoon’ (vry van kleur- en pre­ser­veer­mid­dels) en ge­sond te eet be­te­ken al­les­be­hal­we kleur­loos en ver­ve­lig.

“Die ge­reg­te kan as ’n mid­dag­of aand­e­te be­dien word, en die sjo­ko­la­de-bruin­tjie is vir e­ni­ge ge­leent­heid: in ’n kind se kos­blik, as na­ge­reg, tot by mid­dag­kof­fie.”

Fo­to: KY­LE LIGHT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.