Vin­ni­ge se­sam­roer­braai­groen­te

Beeld - - Leefstyl - Jy be­no­dig: Só maak ’n mens:

Ge­noeg vir 4 1 mid­del­slag­ rooi ui in rin­ge of re­pies ge­sny 10 ml or­ga­nie­se se­sam­o­lie 1 pak­kie (350 g) murg­pam­poen­tjies, op­ge­sny 150 g (1 pak­kie) groen­boon­tjies 230 g (1 pak­kie) lang­steel­broc­co­li 100 g ba­bas­pi­na­sie Vir die sous: 4 eet­le­pels heu­ning 4 eet­le­pels ta­ma­ri­sous 4 eet­le­pels se­sam­saad 1 tee­le­pel ge­meng­de kruie sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 1. Braai die uie in die se­sam­o­lie tot goud­bruin in ’n mid­del­slag­braai­pan en geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. 2. Voeg die murg­pam­poen­tjies by die uie en hou aan roer so­dat dit nie brand nie. Laat dit 5­10 mi­nu­te braai tot­dat die murg­pam­poen­tjies be­gin kleur kry. 3. Sny die hoek van die pak­kies met die groen­boon­tjies en broc­co­li af en maak dit in ’n mi­kro­golf­oond op hoog (5 mi­nu­te vir die boon­tjies, 7 mi­nu­te vir die broc­co­li) gaar. Dit is om die gaar­maak­tyd in die pan te ver­min­der. Voeg dit saam met die ba­bas­pi­na­sie by die be­stand­de­le in die braai­pan. Roer goed deur. 4. Maak die sous deur die heu­ning en ta­ma­ri­sous in ’n kop­pie te meng en gooi die meng­sel dan oor die groen­te. Voeg daar­na die se­sam­saad en ge­meng­de kruie by en roer dit deur. Wenk: Dié re­sep is vin­nig en mak­lik, en ’n mens kan selfs kre­a­tief raak deur an­der groen­te by te voeg in­dien jy ’n ge­reg met meer kleur ver­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.