Pam­poen­tag­li­a­tel­le met maal­vleis en spi­na­sie

Beeld - - Leefstyl -

Ge­noeg vir 4. Jy be­no­dig: 75 g spriet­uie (rooi of wit) 5 ml o­lyf­o­lie 1 kg ek­stra­ma­er maal­vleis sout en ge­maal­de swart­pe­per na smaak 700 g pam­poen­tag­li­a­tel­le (2 x 350 g­pak­kies), be­skik­baar by Wool­wort­hs 200 g ba­bas­pi­na­sie 200 g ro­sa­ta­ma­ties, mid­del­deur ge­sny 1 blik ta­ma­tie­en­ui­esmoor kruid en o­ri­ga­num­geur) 1 groot rooi soet­ris­sie, in re­pies ge­sny (ba­si­lie­ 80 g son­ge­droog­te ta­ma­ties (ek ver­kies die wat in o­lyf­o­lie in­ge­lê is; drei­neer voor ge­bruik) 2 tee­le­pels ge­meng­de kruie 3 tee­le­pels pa­pri­ka 2 eet­le­pels heu­ning 2 eet­le­pels ta­ma­ri­sous (kan met so­ja­sous ver­vang word) vars kruie en pam­poen­saad vir gar­ne­ring. Só maak ’n mens: 1. Ver­hit ’n me­di­um­groot braai­pan. Sny die spriet­uie in rin­ge­tjies en braai in ’n bie­tjie o­lyf­o­lie tot goud­bruin. 2. Voeg die maal­vleis by, braai tot gaar en geur met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per. 3. Voeg dan die ba­bas­pi­na­sie, ro­sa­ta­ma­ties en soet­ris­sie by. Laat toe om vir 5­10 mi­nu­te te prut. 4. Voeg dan die ta­ma­tie­smoor, son­ge­droog­de ta­ma­ties, kruie, pa­pri­ka, heu­ning en ta­ma­ri­sous by en laat prut vir 10­15 mi­nu­te. 5. Stoom die pam­poen­tag­li­a­tel­le in die mi­kro­golf vir 3 mi­nu­te deur die een hoek van die pak­kie af te sny. Ver­wy­der uit die mi­kro­golf en laat staan vir 2 mi­nu­te voor­dat jy dit voor­sit. Gar­neer die ge­reg met vars kruie en pam­poen­saad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.