Kleur vro­lik laat­herfs op

Beeld - - Leefstyl - Van­dees­maand se wen­ner van die k­leur­vol­le hoe­kie is Ren­tia T­homp­son van Kroon­stad met haar ou­li­ke fo­to van ’n bad vol blom­prag.

Daar is nog som­mer baie prag in die tui­ne hier laat in die herfs. Le­sers het heel­wat fo­to’s in­ge­stuur vir van­dees­maand se Ki­rchhoffs-tu­in­kom­pe­ti­sie.

Die wen­ner was Ren­tia T­homp­son van Kroon­stad met ’n fo­to van ’n ou­li­ke “blom­bak” in haar tuin: ’n ou bad waar­in sy k­leur­vol­le blom­plan­te soos vlin­der­bos (gau­ra), ma­griet­jies en ge­har­de plan­te soos plak­kies ge­plant het.

Hier­die mooi ver­sa­me­ling plan­te maak ’n mens som­mer lus om hier­die win­ter jou stoep op te vro­lik met k­leur­vol­le blom­plan­te.

Die ge­skenk­pak wat T­homp­son vir haar in­skry­wing gaan ont­vang, be­staan uit saad­pak­kies van kruie wat in pot­te ge­saai kan word en in die win­ter op ’n son­ni­ge ven­ster­bank kan groei. Dit is saad van gras­uie, ro­ket, pie­ter­sie­lie, bron­slaai, mos­terd, ker­wel, tie­mie, vi­ool­tjies en/of ge­sig­gies, as­ook Mar­ga­ret Ro- berts Su­per­char­ger en saad­klok­kies aan ’n tou vir vo­ëls.

Laat die ka­me­ras so­lank be­gin werk om die ge­veer­de be­soe­kers aan die tuin af te neem. Ju­nie se te­ma vir die Ki­rchhoffs-tu­in­kom­pe­ti­sie is: Be­soe­kers aan die tuin. Meer be­son­der­he­de oor die Ju­nie-kom­pe­ti­sie ver­skyn vol­gen­de week.

Ti­nus van Zyl van T­za­neen het hier­die mooi hi­bis­kus in sy tuin af­ge­neem.

Sa­lomé Sny­man het dié fo­to in die Dur­ban­se Bo­ta­nie­se Tuin ge­neem. Sy is van Four­ways in Jo­han­nes­burg.

Daar is nog ro­se­prag hier in die laat­herfs. Fran­cois de Beer van Mon­ta­na­park in P­re­to­ria het hier­die fo­to ge­neem.

Va­nes­sa Ma­rais van Lan­gen­ho­ven­park in Bloem­fon­tein het hier­die be­son­de­re, prag­ti­ge fo­to in haar tuin ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.