Com­ra­des moet weer dink oor tro­fee

Beeld - - Sport -

Die Gun­ga Din, die tro­fee wat al se­dert 1931 in die spa­n­af­de­ling van die Com­ra­des op die spel is, het die laas­te paar jaar baie van sy fleur ver­loor.

Myns in­siens het dit be­gin ge­beur toe be­roeps­klubs tot die Com­ra­des toe­ge­tree het.

Die be­lang­stel­ling in dié kom­pe­ti­sie het daar­na al­gaan­de be­gin taan en ek hoop die Com­ra­des-ver­e­ni­ging sal gou drin­gend hier­aan aan­dag gee.

In die ver­le­de was daar groot be­lang­stel­ling in wie dié tro­fee wen, maar die laas­te paar jaar gaan dit half on­ge­siens ver­by.

Gee ie­mand nog werk­lik om as een van die be­roeps­klubs wen? Dalk net ’n paar di­rek­sie­le­de ie­wers in ’n raad­saal wat moet be­sluit of dit die moei­te werd is om weer hul geld in dié klubs te be­lê?

Dis in elk ge­val soos dit vir my voel, maar baie at­le­te wat vir die klubs hard­loop, sal se- ker­lik met my ver­skil.

Toe ek in 1988 oor die Com­ra­des be­gin skryf het, was daar nog lek­ker wed­y­we­ring tus­sen die ge­wo­ne klubs.

Dit was vir hul­le ’n groot­se ge­beur­te­nis om dié ge­sog­te tro­fee te wen. Die wen­klubs het groot ma­kie­tie ge­hou en die fo­to’s van hul Gun­ga Din-wen­ners is in die klub­huis teen die mu­re op­ge­hang vir al­mal om te sien.

Dié at­le­te was nie net hel­de in hul klubs nie, maar ook in die om­ge­wing waar die klub ge­se­tel is.

Dit het ’n won­der­li­ke klub­gees tot ge­volg ge­had.

Noem my maar ’n tra­di­si­o­na­lis, of uit die ou­de doos, maar ek ver­lang te­rug na daar­die dae.

On­re­a­lis­ties hoe dit ook al klink.

Se­dert die be­roeps­klubs ook om die tro­fee be­gin deel­neem het, het die Com­ra­des, met sy ry­ke ge­skie­de­nis en tra­di­sies, iets van sy gees in­ge­boet.

In die i­de­a­le wê­reld sou ek graag wou sien dat ge­wo­ne klubs soos RAC, I­re­ne, Mag­no­lia, Pie­ters­burg, Rand­burg Har­riers, Nel­spruit, Pi­ra­tes, Boks­burg, Hil­l­crest, Be­no­ni Nor­thens, South Co­ast S­tri­ders, Rocky Ro­ad Run­ners, Sa­va­ges, K­lerks­dorp, P­re­to­ria Po­li­sie, Flo­ri­da en P­ho­bi­ans, om ’n paar te noem, weer om die Gun­ga Din mee­ding.

Ek be­sef daar is dees­dae in van dié klubs baie geld be­trok­ke en dit is moei­lik om te be­paal wie is be­roeps­klubs en wie nie.

Daar is boon­op dees­dae al hoe meer maat­skap­pye wat hul eie klubs stig.

Ek is die eer­ste een wat sal er­ken die be­roeps­klubs le­wer ’n baie groot en be­lang­ri­ke by­dra tot die Com­ra­des en Suid-A­fri­kaan­se pad­wed­lo­pe.

Groot wed­lo­pe soos die Com­ra­des sal nie meer son­der hul­le kan oor­leef nie. Ook nie die at­le­te wat van dié in­kom­ste af­hank­lik is nie.

Die be­roeps­klubs kan ’n span­kom­pe­ti­sie hê, ja, maar dit moet myns in­siens nie om die Gun­ga Din wees nie. Hul­le kan hul eie af­de­ling hê. Die be­sluit van die Com­ra­des­ver­e­ni­ging om spe­si­a­le baad­jies aan wen­ners te oor­han­dig, is ’n goeie een. Dit is sul­ke tra­di­sies wat die Com­ra­des meer spe­si­aal maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.