‘Ne­ga­tie­we’ At­lé­ti­co wag op Re­al

Beeld - - Sport - – Reuters

Mi­lan. – At­lé­ti­co Ma­drid se op­gang in Eu­ro­pe­se sok­ker is ’n ver­fris­sen­de les dat geld nie al­les kan koop nie, maar dit is moei­lik om van dié span te hou.

At­lé­ti­co pak sy aarts­vy­and, Re­al Ma­drid, van­aand hier in die eindstryd van die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­li­ga.

On­ver­bon­de toe­skou­ers be­won­der die ma­nier waar­op At­lé­ti­co se af­rig­ter, Die­go Si­me­o­ne, die span oor die af­ge­lo­pe vier jaar her­bou het. Maar hul­le sluk swaar aan die ne­ga­tie­we spel van At­lé­ti­co.

Die Ma­tras­ma­kers, eens kan­di­da­te vir re­le­ga­sie, het Re­al en Bar­ce­lo­na se wurg­greep op La Li­ga ver­breek, die Eu­ro­pa-li­ga ge­wen en speel van­aand in hul t­wee­de Kam­pi­oe­ne­li­ga-eindstryd.

Suk­ses be­te­ken ge­woon­lik dat Si­me­o­ne van sy spe­lers aan die ry­ker klubs af­staan. Tog slaag hy el­ke keer daar­in om die span te her­bou. Dit laat kenners be­spie­gel dat dié Ar­gen­tyn die wê­reld se bes­te af­rig­ter is.

Só een­vou­dig is dit eg­ter nie. Om­dat At­lé­ti­co nie soos sy teen­stan­ders wê­reld­s­ter­re kan be­kos­tig nie, het hy een van die mees ne­ga­tie­we span­ne in mo­der­ne sok­ker ge­word.

At­lé­ti­co is te­vre­de met net 30% van die be­sit. Sy spe­lers pro­beer so­veel tyd moont­lik mors en sak ge­reeld met “be­se­rings” in­me­kaar. Ek­stra bal­le word selfs op die veld ge­gooi om teen­aan­val­le van teen­stan­ders te kel­der.

Si­me­o­ne vra nie om ver­sko­ning nie.

“Ons is on­der die bes­te span­ne in Eu­ro­pa. Dit plaas ons in ’n be­voor­reg­te po­si­sie en die e­nig­ste ma­nier om dít te be­hou, is om aan te hou wen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.