Op­draan­des pla Ca­ro­li­ne nie

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Dur­ban. – Bru­ce For­dy­ce, ne­ge­ma­li­ge Com­ra­des-kam­pi­oen, sê Ca­ro­li­ne W­öst­mann, ver­le­de jaar se vroue-wen­ner, is nou in die­self­de po­si­sie as waar­in hy was ná sy der­de oor­win­ning.

“Ná dié oor­win­ning was ek die man in be­heer. Ná haar uit­ste­ken­de ver­to­nings die laas­te twee jaar, is Ca­ro­li­ne nou in be­heer van die vrou­e­wed­loop,” sê die Com­ra­des-ko­ning, wat die wed­loop in die 1980’s oor­heers het.

For­dy­ce sê kan nie dink e­ni­ge van die vroue in mô­re se wed­loop tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban hou werk­lik ’n groot be­drei­ging vir W­öst­mann in nie.

Die Rus­sie­se at­le­te wat die wed­loop die laas­te de­ka­de of wat oor­heers het, is nie van­jaar hier nie om­dat Rus­land uit die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek-fe­de­ra­sies (IAAF) ge­skors is weens groot­skeep­se mis­bruik van ver­bo­de mid­dels en die toe­smeer­de­ry daar­van.

W­öst­mann (KPMG), ’n se­ni­or lek­tor in ou­dit­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand, het gis­ter­mid­dag op ’n wen­ner, en bui­te­lan­ders soos die Hon­gaar Si­mo­na S­tai­cu, en die S­weed F­ri­da So­der­mar.

“Ek sal net op my eie wed­loop fo­kus,” sê Bos­man.

Die ra­tel­taai oud-S­pring­bok Col­leen de Reuck is ’n groot bui­te­perd. Dit sal dié oud-Dur­ba­niet, wat nou in die VSA woon en dié land en Suid-A­fri­ka op die O­lim­pie­se S­pe­le ver­teen­woor­dig het, se eer­ste Com­ra­des.

“Dis baie e­mo­si­o­neel om te­rug te wees. Toe ek by die re­gis­tra­sie my wed­loop­nom­mer ge­kry het, kon ek dit nie glo nie,” sê De Reuck, wat in ’n Com­ra­des­huis groot ge­word het.

Blan­che Moi­la, ’n ja­re­lan­ge vrien­din van De Reuck en die eer­ste swart vrou wat ’n S­pring­bok-at­leet ge­word het, meen De Reuck sal goed vaar.

“Sy is dalk nou ’n A­me­ri­kaan­se bur­ger, maar Col­leen bly ’n kind van K­waZu­lu-Na­tal.

“Die toe­skou­ers sal haar Son­dag ‘dra’,” sê Moi­la.

Die an­der Suid-A­fri­ka­ners wat goed kan doen, is Ju­la­nie Bas­son, Yo­lan­de Ma­cle­an, Sa­lo­me Cooper, Les­ley Train-Aus­tin en Ker­ry-Ann Mars­hall.

Fo­to: IAN CARBUTT

Ca­ro­li­ne W­öst­mann sê sy sal nie skroom om weer teen die Com­ra­des se op­draan­des uit te stap nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.