2012­kam­pi­oen wil wen

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Dur­ban. – Wie ook al mô­re se 91ste Com­ra­des wil wen, moet hom eers klop, het Lud­wick Ma­ma­bo­lo, die 2012-kam­pi­oen, Vry­dag­mid­dag ge­sê.

Com­ra­des (Ned­bank) het op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Dur­ban ge­sê hy sal nie bloot net saam­draf nie. Hy is hier om te wen. “As jy met die groot hon­de wil saam hard­loop, help dit nie jy lig jou been saam met die k­lein hond­jies nie,” het Ma­ma­bo­lo ge­waar­sku.

“Ja, ek is die guns­te­ling. Ek glo in my­self.”

Ma­ma­bo­lo was met die vo­ri­ge af-wed­loop twee jaar ge­le­de t­wee­de ná die K­waZu­lu-Na­tal­ler Bong­mu­sa Mt­hem­bu. “Bong­mu­sa het ge­wen om­dat hy vin­ni­ger was as ek, maar dié keer is ek be­ter voor­be­rei,” sê Ma­ma­bo­lo.

Mt­hem­bu (Art­hur Ford) het ge­sê hy het in sy voor­be­rei­ding al­les ge­doen wat hy moes. Hy is reg om te ver­goed vir sy 17de plek ver­le­de jaar.

Gift Ke­le­he, ver­le­de jaar se wen­ner, was nie naas­te­by so breed­spra­kig soos tal­le van die an­der guns­te­lin­ge nie.

Hy het op die me­di­a­kon­fe­ren­sie strak voor hom uit­ge­staar en soos ver­le­de jaar ge­fo­kus ge­lyk.

Toe Ke­le­he be­gin praat, het ’n stil­te in die saal neer­ge­daal waar die me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­hou is.

“Lud­wick het sy wed­loop­plan, en ek my­ne,” het die Rus­ten­burg­se po­li­sie­man (Tomtom) ge­sê.

“Ek en my vrou het ver­le­de jaar op vier maan­de ’n twee­ling ver­loor. Son­dag hard­loop ek vir húl­le,” het Ke­le­he (34) ge­sê.

Ke­le­he, wat net 48 kg weeg, het ook kri­tiek dat hy nie reg ge­bou is vir die af-wed­loop nie, ver­werp.

Hy wil die eer­ste Suid-A­fri­ka­ners se­dert Bru­ce For­dy­ce in die 1980’s word wat twee Com­ra­des-wed­lo­pe op­een­vol­gens wen. Ke­le­he se broer, Andrew, het in 2001 die af-wed­loop ge­wen.

“Andrew en Gift het pre­sies die­self­de lig­gaams­bou, En kyk wat het Andrew des­tyds ge­doen” sê John Ham­lett, sy af­rig­ter.

Hy was ook Andrew Ke­le­he se af­rig­ter.

Die Zim­bab­wi­ër S­te­phen Mu­z­hin­gi, ’n drie­ma­li­ge wen­ner, sal glo weens ’n lies­be­se­ring nie deel­neem nie.

Daar is ’n tien­tal at­le­te wat dié moor­den­de ma­ra­thon kan wen, maar die werk­lik­heid is dat daar net een wen­ner en net tien gou­e­me­dal­je­wen­ners kan wees.

Die groot vraag is of Gert T­hys, die SA ma­ra­thon­re­kord­hou­er, weer soos die laas­te paar jaar die knup­pel in die hoen­der­hok sal gooi deur soos ’n vlak­haas te be­gin.

Hard­loop T­hys kon­ser­wa­tief en bly hy saam met die groep voor­lo­pers, is daar geen re­de waar­om die eer­tyd­se “P­ries­ka­snel­trein” nie on­der die gou­e­me­dal­je­wen­ners kan ein­dig nie.

Nick Be­ster, die 1991-kam­pi­oen en ne­ge­ma­li­ge gou­e­me­dal­je­wen­ner, sê al­les wat voor­af oor die Com­ra­des ge­sê en ge­skryf word, is “be­spie­ge­ling”.

“Die Com­ra­des is ’n on­ge­naak­ba­re wed­loop. Hy kan jou vin­nig ne­de­rig én seer maak.

“Die een wat wil wen, moet ’n bie­tjie ge­luk aan sy kant hê, ’n sterk kop hê, en al­les wat hy of sy doen, 110% doen.”

Fo­to: IAN CARBUTT

Soos ver­le­de jaar lyk die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, Gift Ke­le­he, ge­fo­kus voor die Com­ra­des.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.