For­dy­ce: Bloed­sweet be­gin ná Field’s Hill

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Dur­ban. – Die moei­lik­ste deel van die Com­ra­des be­gin ná Field’s Hill, so­wat 23 km van die ein­de af.

Want, sê Bru­ce For­dy­ce, die Com­ra­des-ko­ning wat dié wed­loop ne­ge keer ge­wen het, ná die kwaai af­draan­de wéét jy jy is in die Com­ra­des.

“As jy ná Field’s Hill deur Pi­ne­town hard­loop, is jou be- ne seer en jy is gat­vol,” sê For­dy­ce wat dit al­tyd so mak­lik laat lyk het.

“Van Field’s Hill tot by 45th Cut­ting (so­wat 8 km van die eind­punt af) is myns in­siens die moei­lik­ste stuk.”

Ru­di du P­les­sis, wat in 1993 ’n gou­e­me­dal­je­wen­ner was, sê vir hom was die deel ná Co­wies Hill (net ná Pi­ne­town) tot by 45th Cut­ting kwaai.

“Daar was min toe­skou­ers, ek was op my eie want die ou­ens voor my was doer voor en die ou­ens ag­ter my doer ag­ter. Dit was nie mak­lik nie.

“Toe ons Dur­ban in­ge­hard­loop het, was daar meer toe­skou­ers wat ons aan­ge­moe­dig het. Toe het din­ge weer be­ter ge­gaan,” sê Du P­les­sis.

F­rith van der Mer­we, wat in 1989 die vroue-re­kord van 5:54:43 op­ge­stel het, sê die laas­te stuk van die Com­ra­des was al­tyd vir haar die moei­lik­ste “want die Com­ra­des is ver­domp ver!”

Fo­to: GALLO

Bru­ce For­dy­ce en Zo­la Budd na­dat hul­le die Com­ra­des in 2012 vol­tooi het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.