Oud­Bul ‘sal kri­tiek han­teer’

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Die fel kri­tiek wat skeids­reg­ters soms kry, sal hom nie ont­se­nu nie, ver­se­ker Ja­c­quesLou­is Pot­gie­ter, voor­ma­li­ge los­ska­kel van die Bul­le.

“Ek weet hoe dit voel om uit­ge­jou te word. Ek het mos al baie pa­le toe ge­skop,” skerts hy.

Klub­span­ne in P­re­to­ria moe­nie ver­baas wees as Pot­gie­ter oor die vol­gen­de paar na­we­ke met ’n fluit­jie by hul vel­de op­daag nie.

Die 31-ja­ri­ge Pot­gie­ter en sy ge­sin kui­er op die oom­blik in die Ja­ka­ran­da­stad voor­dat hy oor ’n paar we­ke weer by sy Fran­se klub­span, Lyon, moet aan­sluit.

Hy hoop om hier in ’n paar klub- of sko­le­wed­stry­de as die 31ste “spe­ler” op die veld be­heer te neem.

Pot­gie­ter is by die Bul­le as ’n vol­waar­di­ge bla­ser ge­re­gis­treer en het vroe­ër die BokS­mart-kur­sus vol­tooi.

“Ek het lank ge­le­de reeds be­sef ek sal ’n skeids­reg­ter wil word om so by rug­by be­trok­ke te bly. Die spel het my al so baie ge­gee oor die ja­re.

“Ek het nooit in ’n toets ge­speel nie, maar ek hoop dit sal my be­sko­re wees om een­dag op toets­vlak te kan blaas.”

Dié oud-Af­fie wat nog ver­le­de sei­soen vir die Bul­le Su­per­rug­by ge­speel het, sê hy het nog al­tyd ’n pas­sie vir die re­ëls van die spel ge­had.

Die Bul­le was ver­le­de sei­soen in die Su­per­rug­by-krag­me­ting met die Leeus op El­lis­park om­ge­krap oor die tuis­span wat glo met ’n “on­wet­ti­ge bal” die wen­drie ge­druk het.

Vol­gens die be­trok­ke re­ël moes die Leeus die­self­de bal ge­bruik het wat Pot­gie­ter ge­skop het vir sy ses­de straf­doel as hul­le vin­nig wou af­skop. Die drie in die dood­snik­ke van die wed­stryd is met ’n an­der bal ge­druk.

Pot­gie­ter het op dié dag aan sy kap­tein, Pier­re S­pies, ge­sê die re­ël is oor­tree.

“As jy rug­by speel, moet jy die re­ëls ken. Dit frus­treer my om saam met men­se rug­by te kyk. Trou­ens, ek ver­kies dit om al­leen rug­by te kyk.

“Ek dink 90% van die on­der­steu­ners ken die re­ëls baie swak. Ek doen baie moei­te om el­ke re­ël te ken.”

Hy sê baie van die skeids­reg­ters in Frank­ryk weet hy is ’n ge­kwa­li­fi­seer­de bla­ser en daar is ge­reeld kwink­slae tus­sen hul­le.

“Ek pro­beer hul­le maar op hul to­ne hou ge­du­ren­de wed­stry­de.”

Pot­gie­ter, wat Lyon van­jaar ge­help het om vir die Fran­se Top-14 reeks te kwa­li­fi­seer, sê hy be­plan om nog drie sei­soe­ne te speel en dan vol­tyds te blaas.

Wil hy dit reg­tig aan hom­self doen? Dink net te­rug aan die er- ge kri­tiek wat Craig Jou­bert ver­le­de jaar by die Wê­reld­be­ker­toer­nooi ge­kry het.

Wy­le dok Da­nie Cra­ven het mos nie son­der re­de nie ge­sê hy wou al­tyd een van sy stu­den­te in S­tel­len­bosch ge­vra het om ’n te­sis te skryf oor die oor­een­koms­te in die per­soon­lik­he­de van joer­na­lis­te, spiet­kops en skeids­reg­ters.

Want hul­le is al­mal die­self­de, het Cra­ven des­tyds aan­ge­voer.

“Ja, ek sal dit han­teer. Ek het al baie voor ska­res ge­speel wat jou ’n koue ont­vangs gee. Son­der skeids­reg­ters sal daar nie rug­by wees nie.”

Fo­to: DEAAN VIVIER

Ja­c­ques­Lou­is Pot­gie­ter mik ver­le­de jaar vir die Bul­le pa­le toe in ’n wed­stryd teen die C­hee­tahs op Lof­tus Vers­feld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.