S­tor­mers wil nié hier vas­val

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Die S­tor­mers se on­lang­se ge­lyk­op­stryd teen die Sun­wol­ves het weer­eens uit­ge­beeld dat daar geen se­ker­he­de in die Su­per­rug­by-reeks is nie.

’n Goeie span met sy kop in die wol­ke kan mak­lik op sy neus kyk.

Nie­te­min sal daar nie salf aan die S­tor­mers te smeer wees as hul­le van­mid­dag teen die C­hee­tahs op Nu­we­land vas­val nie.

Moet geen fout maak nie: Die S­tor­mers is on­danks ’n en­ke­le se­ge in hul laas­te vier wed­stry­de steeds die guns­te­ling om hul groep te wen.

Wan­neer die reeks in Ju­lie her­vat, toer hul­le Aus­tra­lië toe vir wed­stry­de teen die Re­bels en We­stern For­ce voor ’n laas­te li­ga­wed­stryd teen die Sout­hern Kings in Kaap­stad.

Die Bul­le, met ewe veel liga­pun­te, maar hul neu­se net-net voor die S­tor­mers dank­sy meer wed­stry­de ge­wen, speel van­dag teen die Leeus en moet nog Ar­gen­ti­nië toe toer vir ’n wed­stryd teen die Ja­gua­res.

Daar­na volg ’n brood-en-bot­ter wed­stryd teen die Sun­wol­ves op Lof­tus voor­dat die P­re­to­ri­a­ners teen die C­hee­tahs in Bloem­fon­tein af­sluit.

Met drie se­ges en agt ne­der­lae in 11 wed­stry­de, is die C­hee­tahs nie ’n teen­stan­der teen wie die S­tor­mers be­hoort te suk­kel nie.

In hul krag­me­ting in Bloem­fon­tein in Maart was die C­hee­tahs ’n on­ge­mak­li­ke teen­stan­der en hul­le kan dit moont­lik van­dag ook wees.

Maar se­ker­lik niks meer nie, of hoe?

Hier­die is dus ’n toets van die S­tor­mers se gees­te­li­ke ge­hard­heid. Dis nie neu­sie ver­by as hul­le ver­loor nie, maar dit sal dui op ’n kri­sis.

“Die druk is nou op ons en die re­sies is na­der as waar­voor ons be­plan het. Dis am­per as­of ons wed­stry­de nou eind­stry­de be­gin raak,” het die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, er­ken.

“Ons gaan eg­ter nie on­der druk e­nig­iets an­ders be­gin doen nie. Die ne­der­laag teen die Wa­ra­tahs het ná ’n goeie be­gin in die reeks die wind uit ons sei­le ge­haal.”

F­leck het eg­ter ge­noeg goeie din­ge ge­sien in die S­tor­mers se ver­to­ning op Lof­tus ver­le­de na­week om die on­mid­del­li­ke toe­koms met ver­troue in te gaan.

“Ons het oor­heers, maar is van stryk ge­bring deur die Bul­le se goeie lyn­staan­spel en ver­de­di­ging. Nie­te­min raak ons op­ge­won­de wan­neer ons in ont­le­dings van wed­stry­de sien waar­toe ons in staat is.

“As hier­die span die dag goed speel, speel hy be­hoor­lik goed,” het F­leck ge­sê.

Ho­pe­lik sal die S­tor­mers uit­haal en wys. As hul­le van­dag be­hoor­lik droog­maak, is daar pê­re.

Fo­to: GALLO IMAGES

Je­an­Luc du P­les­sis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.