Com­brinck vaar­dig met al­bei

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Ru­an Com­brinck se par­man­ti­ge stel­skop­po­ging met sy lin­ker­voet ver­le­de week teen die Ja­gua­res het ’n mens laat te­rug­dink aan ’n vaar­dig­heid wat ja­re ge­le­de in rug­by “uit­ge­sterf” het.

Daar was ’n kor­te­ri­ge tyd­perk in die vroeë 2000’s toe be­roeps­rug­by be­hep was daar­mee dat spe­lers met al­bei voe­te moes kon skop.

Har­ry Vil­joen, ge­we­se S­pring­bok­af­rig­ter, was ver­al ’n voor­stan­der daar­van en het selfs ty­dens ’n na­si­o­na­le oe­fen­kamp in 2001 spe­si­fie­ke oe­fe­nin­ge daar­voor ge­re­ël.

Hy was vroe­ër daar­die jaar ’n ruk in Aus­tra­lië en het ont­dek al­le Aus­sie Ru­les-spe­lers moet met al­bei voe­te kan skop om doel­tref­fend te wees. Aus­sie Ru­les is im­mers net skop­werk – deu­ren­tyd.

“Maar om eer­lik te wees, glo ek dit was eint­lik net ’n gier,” sê Jo­han Ac­ker­mann, die Leeus-af­rig­ter.

“As jy dees­dae spe­lers af­rig, is daar baie an­der oe­fe­nin­ge waar­op jy eer­der kon­sen­treer. Na­tuur­lik raak jy op­ge­won­de as jy ’n spe­ler in jou span het wat ewe goed met al­bei voe­te kan skop, maar jy gaan nie doel­be­wus tyd be­stee op die slyp van daar­die vaar­dig­heid nie.”

Bui­ten­dien meen die mees­te ge­sou­te brei­ers dit is meer doel­tref­fend om ver­skeie spe­lers in jou span te kies wat on­der­skei­de­lik met ver­skil­len­de voe­te kan skop.

“Ek sal by­voor­beeld eer­der (die heel­ag­ter) An­dries Coet­zee, wat links skop, en (die los­ska­kel) Mar­nitz Bos­hoff, wat sterk met sy reg­ter­voet is, in een span kies,” sê Ac­ker­mann.

“Dan word daar aan my so­ge­naam­de skop­be­hoef­tes vol­doen. Ek wil eer­der spe­lers kies wat meer as net goeie skop­ste­wels vir my span bied.”

Dit be­te­ken nie die Leeus, wat vrye teu­els aan hul spe­lers gee, glo dit is on­no­dig vir hul ek­sen­trie­ke, maar ta­lent­vol­le vleu­el om al­bei sy skop­voe­te te ont­wik­kel nie.

“Dit is iets wat spe­lers eint­lik op skool­vlak al ves­tig. Dit is nie ’n vaar­dig­heid wat jy op se­ni­or vlak sal aan­leer nie, want daar is nie tyd daar­voor nie,” sê Ac­ker­mann.

“Ru­an het dit vroeg al ge­ves­tig. Hy is ’n in­te­res­san­te ka­lant wat nie hui­wer om iets te pro­beer nie. Hy skop werk­lik baie goed met al­bei voe­te.”

Ac­ker­mann lag as hy ge­vra word oor Com­brinck se be­sluit om sy der­de doel­skop teen die Ar­gen­ty­ne links te pro­beer oor­klits.

“Hy het ge­glo dit ver­teen­woor­dig sy bes­te kans om die doel­skop oor te skop. Ek sou ’n bie­tjie be­kom­merd wees as hy so iets in ’n eindstryd pro­beer, maar dis Ru­an. Ek is baie ge­mak­lik met sy toer­tjies.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Ru­an Com­brinck lê voet in teen die Kings ver­le­de maand in Port E­li­za­beth.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.