Kings kry 12 Ja­gua­res (ein­de­lik) on­der

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Port E­li­za­beth. – Die Sout­hern Kings het gis­ter­aand hul t­wee­de Su­per­rug­by­wed­stryd van die sei­soen met 29-22 ge­wen.

Dit klink al klaar ver­ba­send, ver­al as jy ont­hou dat die Ja­gua­res ’n paar we­ke ge­le­de nog die vloer met die Kings in Bu­e­nos Ai­res ge­vee het.

Maar dit moet da­de­lik ge­noem word dat die Ja­gua­res net 12 spe­lers op die veld ge­had het toe die eind­fluit­jie ge­blaas het.

En met 11 mi­nu­te oor het dit ge­lyk of die be­soe­kers ’n skok­se­ge hier in die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on sou be­haal.

Hul­le was in daar­die sta­di­um met 22-10 voor, en dit met 13 spe­lers op die veld.

Toe word die flank To­mas Le­za­na met ’n geel­kaart af­ge­stuur en die Kings swaai die wed­stryd deur drie drieë in die laas­te 10 mi­nu­te te kry.

Die wed­stryd het dra­ma­ties be­gin toe die King se Jur­gen Vis­ser in die eer­ste mi­nuut bly lê het ná hy plat­ge­trek is.

Hy is af­ge­dra en De­wald Hu- man het Vis­ser se plek op heel­ag­ter toe in­ge­neem vir sy de­buut in Su­per­rug­by.

Toe in die 25ste mi­nuut volg daar nog dra­ma. Die Ja­gua­res was kwaai op die aan­val en hul los­ska­kel Ni­co­las Sán­chez los toe ’n hoë hoek­skop­pie vir sy lin­ker­vleu­el E­mi­li­a­no Bof­fel­li. Bof­fel­li en Hu­man het al­bei vir die bal ge­spring en die Ar­gen­tyn het dit in die han­de ge­kry en ge­druk.

Die skeids­reg­ter, Nick B­ri­ant, wou eg­ter eers weer na ’n voor­val by ’n los­skrum net voor die drie kyk voor hy dit toe­ken.

Hy sien toe die Ja­gua­res-slot To­mas La­vi­ni­ni het die Kings­slot S­chalk Oe­lof­se met ’n elm­boog teen die ka­ke­been ge­looi.

Dit was ge­noeg om ’n rooi­kaart uit te pluk.

Dit was in die 25ste mi­nuut.

Drie mi­nu­te voor rus­tyd is die Ra­mi­ro Her­re­ra af­ge­stuur na­dat hy met sy skou­er in S­te­ven Sy­kes se nek by ’n los­skrum in­ge­duik het.

Die tuis­span het in die eer­ste helf­te al­leen ook al­te­sa­me 10 straf­skop­pe af­ge­staan.

In die t­wee­de helf­te het die Ja­gua­res slim ge­speel deur die bal hoog te skop en vir die Kings se fou­te te wag. Dit het ge­werk en hul­le was dank­sy ’n paar straf­doe­le en ’n drie deur die agt­ste­man Fa­cun­do Isa met 22-10 voor. Tien mi­nu­te voor die ein­de is Le­za­na af­ge­stuur en die Kings kry eers ’n straf­drie, toe druk Hu­man en toe Wan­di­le M­je­ke­vu en red die Kings van ’n ver­ne­de­ring.

Pun­te­ma­kers: Sout­hern Kings 29 (3): Drieë: S­chalk Ferreira, Straf­drie, De­wald Hu­man, Wan­di­le M­je­ke­vu. Doel­skop­pe: Lou­is Fou­ché (3). Straf­doel: Fou­ché (1).

Ja­gua­res 22 (6): Drie: Fa­cun­do Isa. Doel­skop: Ni­co­las San­chez (1). Straf­doe­le: San­chez (5).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.