Die Leeus is on­om­won­de Suid­A­fri­ka se keur in die Su­per­rug­by­reeks. Maar hul­le is son­der die voor­tref­li­ke El­ton Jan­tjies en die Bul­le het ver­le­de na­week die S­tor­mers op Lof­tus Vers­feld ge­gaf­fel. Skuif reg vir ’n toets­stryd, skryf

Co­bus Claas­sen.

Beeld - - Sport -

Daar is min ge­bre­ke in die Leeus se mon­de­ring, maar tog sal hul af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann, stil­weg hoop Mar­nitz Bos­hoff kom die mas op in Jan­tjies se af­we­sig­heid.

Bos­hoff sal graag ’n punt wil be­wys. Hy was in die ver­le­de ’n wed­stryd­wen­ner vir die Leeus.

Dit is steeds baie ge­vra van ’n spe­ler om in ’n gro­te soos dié te speel wan­neer Su­per-rug­by jou nog nie die sei­soen be­sko­re was nie.

Jan­tjies was die spil van die Leeus se aan­slag en Bos­hoff gaan on­der druk wees om op Lof­tus daar­op voort te bou. On­der­steu­ners van die Bul­le won­der of hul span ver­le­de week se ver­to­ning teen die S­tor­mers kan her­haal.

Was dit ’n een­ma­li­ge op­le­wing of is dít waar­mee be­soe­ken­de span­ne voort­aan op Lof­tus Vers­feld te doen gaan kry?

Die Leeus sal ver­al die Bul­le se ver­de­di­ging be­proef.

Die Bul­le se keer­werk die sei­soen is puik, maar hul­le het nog nie in die reeks teen die Leeus of ’n Nieu-See­land­se span te staan ge­kom nie.

Pi­ne Pie­naar, die Bul­le se ver­de­di­gings­af­rig­ter, het die af­ge­lo­pe week ge­maan die Lig­blou­es sal in dié af­de­ling nóg be­ter moet wees. Die vo­ri­ge keer dat die Leeus op Lof­tus ont­vang is, was hul­le ná net meer as 30 mi­nu­te met 30-0 voor.

Hul­le het die Bul­le in die Cur­rie­be­ker-wed­stryd soos ’n or­kaan ge­tref en daar was min keer aan Leeu se kind.

Die span van War­ren W­hi­te­ley (kap­tein) is mees­ters daar­mee om goed te be­gin en vroeg die dood­skoot te gee – soos on­langs op El­lis­park teen die Blu­es.

Die Leeus is die span in die reeks wat boon­op in die 20 mi­nu­te voor rus­tyd die mees­te pun­te aan­ge­te­ken het en die min­ste af­ge­staan het.

Die Bul­le het vroe­ër die nei­ging ge­had om soms die mo­men­tum wat hul­le het, prys te gee. Teen die Leeus sal dit self­moord wees. Al­lis­ter Coet­zee, die S­pring­bok-af­rig­ter, sou teen hier­die tyd sy groep vir die Ier­se toets­reeks ge­fi­na­li­seer het.

Die krag­me­ting sal hom steeds die ge­leent­heid gee om

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.