E­ko­land­goe­de­re is die in­ding

Beeld - - Huisgids - Li­net­te Re­tief Pot­chef­stroom, Noord­wes Nel­spruit, M­pu­ma­lan­ga Dolphin Co­ast, K­waZu­lu­Na­tal

E­ko­land­goe­de­re, waar jy ’n stuk­kie grond kan be­sit son­der om die na­tuur­li­ke fau­na en flo­ra te be­na­deel, skiet o­ral op.

Af­ge­sien van die om­ge­wings­voor­de­le van “groen koop”, bied hier­die land­goe­de­re en hui­se boon­op p­ri­vaat­heid, weel­de en ’n wye ver­skei­den­heid na­tuur­li­ke voor­de­le.

Dank­sy buig­sa­me werk­u­re en ver­be­te­rings in teg­no­lo­gie wat dit moont­lik maak om oor die in­ter­net te werk, ver­kies ’n toe­ne­men­de aan­tal men­se ’n ge­rief­li­ker leefstyl bo na­by­heid aan die stad, sê Bar­rie Swart, be­stuur­der van Gum­tree Pro­per­ty.

Dit het daar­toe ge­lei dat ’n groot aan­tal luuk­se land­goe­de- re en hui­se in die bos of aan die kus te koop aan­ge­bied word. Pot­chef­stroom is ’n be­lang­ri­ke sa­ke­spil­punt vir ny­wer­he­de, diens­te en land­bou-on­der­ne­mings in Noord­wes. Dit is ook ’n guns­te­ling on­der na­tuur­lief­heb­bers wat die om­lig­gen­de Bos­veld, ma­ti­ge kli­maat en die Mooi­ri­vier ge­niet. Pri­va­te wild­re­ser­va­te soos Le­kwe­na Wild­li­fe E­sta­te is ’n i­de­a­le bly­plek vir be­roeps­men­se wat die Bos­veld saam met die voor­deel van na­by­heid aan die stad wil ge­niet. 2 000 wil­de die­re, 163 vo­ël­spe­sies, 37 km van wild­kyk­roe­tes en 17 dam­me maak hier­die ont­wik­ke­ling aan­trek­lik, om nie te praat van die prys nie. Er­we is be­skik­baar van­af R580 000. Hoe­wel Ca­mis­sa Ho­mes nie tans er­we in ’n e­ko­land­goed te koop aan­bied nie, bied die groep wel e­ko­hui­se langs die Kaap­stad­se kus. Die son­wa­ter­ver­hit­ting en so­n­e­ner­gie, die luuk­se at­mos­feer en ruim ka­mers, lief­li­ke uit­sig­te en voor­tref­li­ke lig­ging be­te­ken hier­die eien­dom­me word in ’n kits op­ge­raap. M­pu­ma­lan­ga is be­kend as ’n eer­ste­klas­be­stem­ming vir wild­kyk. S­handan E­sta­te is waar­skyn­lik een van die bes­te e­ko­land­goe­de­re vir wild­ky­kers. Die land­goed be­staan uit 87 er­we van 1 ha, ’n 4x4roe­te, wa­ter­val­le en vry­lo­pen­de wild, in­slui­tend ka­meel­per­de, wil­de­bees­te, koe­does en se­bras. Dit is slegs vyf mi­nu­te se ry van­af die sa­ke­kern en die Kru­ger M­pu­ma­lan­ga-lug­ha­we. Zim­ba­li is ’n voor­keur­keu­se vir be­roeps­men­se. Dié land­goed pronk met on­der meer ’n gholf­baan en prag­ti­ge uit­sig­te. Hui­se kos van R3,2 mil­joen tot R38 mil­joen en is be­skik­baar as ge­meu­bi­leer­de of on­ge­meu­bi­leer­de een­he­de.

Af­ge­sien van al dié op­sies, is daar tans by­kans 1 000 e­kotuis­tes op Gum­tree te koop. Dit kan wees reg­streeks van ont­wik­ke­laars of deur ver­teen­woor­di­gers van ei­en­doms­a­gent­skap­pe, sê Swart.

“Na­ma­te e­ko­be­wust­heid groei, word die prys- en ont­werp­op­sies meer, wat be­te­ken ko­pers sal on­ge­twy­feld kry waar­na hul­le soek.”

Be­soek gum­tree.co.za.

Fo­to: iSTOCK

Park­lands, Wes­Kaap Bar­rie Swart, hoof van Gum­tree Pro­per­ty.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.