Ar­nie te­rug waar hy sy spie­re leer bult

Beeld - - Nuus - Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

Dit was vir Ar­nold S­chwar­ze­neg­ger be­lang­rik dat die in­ter­na­si­o­na­le lig­gaams­bou-en-fiks­heids­by­een­koms wat na hom ge­noem is, ook in Suid-A­fri­ka ge­hou word, want dit was hier waar hy sy spie­re be­hoor­lik leer bult het.

Hy het in 1967 Suid-A­fri­ka toe ge­kom om af­rig­ting in lig­gaams­bou by sy held, wy­le Reg Park, te kry.

“Ek het nog ont­hou hoe mooi P­re­to­ria is,” het hy gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Jo­han­nes­burg ge­sê.

“Dit is won­der­lik om te­rug in Suid-A­fri­ka te wees nou­dat a­part­heid ver­by is en om te sien hoe ver die land ge­vor­der het.”

Dit is die eer­ste keer dat die Ar­nold Clas­sic-sport­fees en -eks­po in Suid-A­fri­ka ge­hou word. Die fees word jaar­liks in die len­te in Co­lum­bus, O­hio, ge­hou.

Hy was net 15 jaar oud toe hy met sy lig­gaams­bou-op­lei­ding be­gin het. Op 20 het hy die Mnr. Heel­al-kom­pe­ti­sie ge­wen en in 1975 die Mnr. O­lym­pia-wed­stryd, wat daar­die jaar ook in P­re­to­ria ge­hou is.

Uit­ein­de­lik het hy die Mnr. O­lym­pia-ti­tel se­we keer in­ge­palm.

S­chwar­ze­neg­ger, ’n ak­teur en voor­ma­li­ge goe­wer­neur van Ka­li­for­nië, sê hy kon so­veel in sy le­we be­reik om­dat hy nooit na kri­ti­ci ge­luis­ter het nie en ook dank­sy sy dui­de­li­ke vi­sie, har­de werk en hulp van an­der.

Die Ar­nold Clas­sic SA-by­een­koms in die Sand­ton-kon­ven­sie­sen­trum duur tot mô­re.

Fo­to’s: ALET PRETORIUS

Ar­nold S­chwar­ze­neg­ger gis­ter by die Ar­nold Clas­sic A­fri­ca­me­di­a­kon­fe­ren­sie in Jo­han­nes­burg.

S­chwar­ze­neg­ger neem gis­ter ’n S­nap­chat­vi­deo by die me­di­a­kon­fe­ren­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.