Vrou ge­skiet: Man moet sê

Uit wie se wa­pen het die koe­ël ge­kom?

Beeld - - Front Page - An­le­rie de Wet

Die Rand­burg­se man wie se vrou dood is toe hy in ’n skiet­ge­veg met ’n dag­loon­wer­ker be­trok­ke ge­raak het, moet bin­ne­kort ’n ver­kla­ring oor die saak by die po­li­sie af­lê.

’n Fo­ren­sie­se on­der­soek moet nog be­wys of die koe­ël wat Lou­isa Lub­be (40) in die kop ge­tref het uit die vuur­wa­pen van haar man of die dag­loon­wer­ker ge­kom het.

Die­ter Lub­be (39) is die e­nig­ste oog­ge­tuie wat die ge­beu­re van Don­der­dag­mid­dag oor­leef het. Hy het die wer­ker op ’n straat­hoek op­ge­laai om in sy tuin te werk.

Vol­gens Gert Ser­fon­tein, Die­ter se swa­er, het hul­le om- streeks 15:00 by die Lub­be-huis in Wit­do­ring­weg in Rand­burg stil­ge­hou toe die wer­ker uit die mo­tor klim en op Die­ter skiet.

Lou­isa het glo by die huis uit­ge­kom om te kyk wat aan­gaan toe ’n skoot haar in die kop tref.

Die­ter het die wer­ker b­lyk­baar ver­skeie ke­re in die bo­lyf ge­skiet. Hy is la­ter in die hos­pi­taal dood.

Die­ter is in die skou­er ge­tref en Vry­dag­mid­dag uit die O­li­ve­da­le-hos­pi­taal ont­slaan.

Kapt. T­se­ki­so Mofo­keng, po­li­sie­woord­voer­der, sê twee sa­ke van moord en een van po­ging tot moord word on­der­soek.

“’n 9 mm-pis­tool waar­van die reeks­nom­mer af­ge­vyl is, is na­by die dag­loon­wer­ker ge­kry. Ons moet nog be­ves­tig of Lub­be se wa­pen ge­li­sen­si­eer is.”

Mofo­keng sê die pa van drie moet nog sy ver­kla­ring in­dien. S­taats­aan­kla­ers sal dan be­paal of Die­ter uit self­ver­de­di­ging op­ge­tree het.

Lou­isa en Die­ter het drie seuns: Gus­tav (16), S­te­fan (14) en Lu­an (2). Die twee oud­ste seuns is Die­ter se kin­ders uit ’n vo­ri­ge hu­we­lik.

“Ons al­mal is hart­seer. Din­ge gaan baie moei­lik, maar ons gaan aan,” sê Ser­fon­tein.

Hy het vroe­ër aan Beeld ge­sê hy ver­staan nie hoe­koms y sus­te ren swa­er, wat al­bei in die in­lig­tings­teg­no­lo­gie be­dryf werk, Don­der­dag by die huis was nie, want hul­le werk ge­woon­lik tot laat­mid­dag van hul kan­to­re af.

Al drie kin­ders was by die skool ten ty­de van die skiet­voor­val.

Lou­isa se be­graf­nis­diens is oor­mô­re 11:00 in die NG kerk Ho­ri­son-Noord in Roo­de­poort.

Die­ter en Lou­isa Lub­be

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.