Kram­pe, nie fiets, knou Ca­ro­li­ne

Beeld - - Front Page - Sa­rel van der Walt

Dit was kram­pe wat Ca­ro­li­ne W­öst­mann on­der­ge­kry het en nie die mo­tor­fiets wat haar aan die bui­te­wy­ke van die stad raak ge­ry het nie.

So sê ver­le­de jaar se Com­ra­des-wen­ner na­dat sy op ’n dag van hoog­dra­ma deur C­har­né Bos­man van Cen­tu­ri­on, ver­le­de jaar se naas­wen­ner, om die eer­ste plek in Son­dag se wed­loop ge­klop is.

Vroe­ër het die Rus­ten­burg­se at­leet Da­vid Ga­te­be die Rus Le­o­nid S­hvet­sov se re­kord van 5:20:41 oor die 89,2 km tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban tot 5:18:19 ver­be­ter.

Die baie ge­wil­de W­öst­mann, wat ook die Twee O­se­a­ne-kam­pi­oen is, het ná die 91ste Com­ra­des ge­sê die mo­tor­fiets was glad nie vir haar nag­mer­rie­wed­loop ver­ant­woor­de­lik nie.

Sy het ná 60 km se hard­loop met kram­pe be­gin suk­kel.

“In ’n sta­di­um het ek oor­be­weeg na ’n wa­ter­ta­fel om wa­ter oor my be­ne te gooi.

“Ek dink nie die mo­tor­fiets­ry­er het ver­wag ek sou so skie­lik voor hom in­be­weeg nie,” sê W­öst­mann.

Daar­na het nog twee mo­tor­fiet­se van ag­ter in dié mo­tor­fiets vas­ge­ry. W­öst­mann sê sy voel sleg oor die “spek­ta­kel” wat sy ver­oor­saak het,.

“Toe die kram­pe my vroe­ër be­gin pla het, het ek be­sluit ek sal klaar­maak, al duur dit 12 uur.”

Ná die voor­val met die mo­tor­fiets het die kram­pe nog er­ger ge­word. Daar­na het sy ge­reeld en­te ge­stap. Toe­skou­ers het haar luid­keels aan­ge­moe­dig.

In­tus­sen het Bos­man, wat in ’n sta­di­um ver ag­ter W­öst­mann was, haar vin­nig in­ge­haal.

Bos­man het W­öst­mann uit­ein­de­lik met net so­wat 2 km oor in die mid­de­stad van Dur­ban ver­by­ge­steek.

“Met 15 km oor het my af­rig­ter (Lind­say Par­ry) ge­sê ek is tien mi­nu­te ag­ter. Ek het aan­vaar ek sou soos ver­le­de jaar weer twee­de wees,” sê Bos­man.

Par­ry was te mid­de van dié dra­ma tus­sen twee vu­re. Hy is W­öst­mann én Bos­man se af­rig­ter.

Bos­man het ge­sê toe­skou­ers het aan haar ge­sê W­öst­mann suk­kel erg met kram­pe.

“Met 5 km oor het my man (Ca­rel) vir my ge­sê ek gaan wen.

“Skie­lik was die klomp spiet­kop-mo­tor­fiet­se (wat saam met die voor­lo­per ry) om my. Dis toe dat ek be­sef het my groot droom om die Com­ra­des te wen is be­sig om waar te word,” het Bos­man met ’n glim­lag ver­tel.

)

Fo­to: IAN CARBUTT

C­har­né Bos­man gis­ter in Dur­ban.

Ca­ro­li­ne W­öst­mann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.