Jaag­dui­wel ry 245 km/h met sy 2 kin­ders in kar

Beeld - - Front Page - – An­le­rie de Wet

Die E­kur­hu­le­ni-me­tro­po­li­sie se ho­ë­spoed­een­heid het gis­ter ’n 38-ja­ri­ge man in heg­te­nis ge­neem om­dat hy, met sy twee kin­ders in die mo­tor, 245 km/h in sy Ma­se­ra­ti ge­jaag het.

Die man is net ná 07:00 op die R562-brug van die R 21 ge­vang, het lt. kol. Wilf­red Kg a­sa­go, me­tro po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê.

Die ver­sko­ning wat hy aan­ge­voer het om­dat hy die snel­perk met 125 km/h oor­skry het, is dat hy en sy kin­ders, ’n 17-ja­ri­ge en vier­ja­ri­ge, haas­tig op pad lug­ha­we toe was.

Die ma­nis gis­ter by die O­li­fants­fon­tein­po­li­sie­kan­toor in Mid­rand aan­ge­hou e nop borg­tog van R1 000 vry­ge­laat.

Hy ver­skyn van­dag in die land­dros­hof in Tem­bi­sa op aan­klag van roe­ke­lo­se of na­la­ti­ge be­stuur.

Die haas­ti­ge Ma­se­ra­ti.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.