‘Gord­han g’n be­kyk’

SAID­een­heid word wel steeds on­der­soek – Val­ke

Beeld - - News - P­hil­da Es­sop

Kaap­stad.–Dit is on­sin dat die po­li­sies e mis­daad in­tel­li­gen­sie-een­heid on­der­soek doen na Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, sê die Val­ke.

“Dit is reg­tig ont­stel­lend dat die kwes­sie keer op keer op­ge­warm word,” het b­rig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, woord­voer­der van die Val­ke, gis­ter ge­sê.

Die on­der­soek na die so­ge­naam­de on­wet­ti­ge ge­hei­me een­heid in die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) duur wel voort.

Ci­ty P­ress het gis­ter be­rig dat die spi­oe­na­sie-on­der­soek na Gord­han ver­le­de week amp­te­lik na die po­li­sie se mis­daad in­tel­li­gen­sie-een­heid oor­ge­dra is.

Die po­li­sie se e­lek­tro­nie­se mis­daad ad­mi­nis­tra­sie stel­sel het lui­dens die be­rig ge­toon dat die saak in De­sem­ber ge­sluit is, maar skie­lik ver­le­de week her­o­pen en aan die mis­daad in­tel­li­gen­sie-een­heid oor­ge­dra is.

Mu­lau­d­zi sê die mis­daad in­tel­li­gen­sie- een­heid doen nie self­on­der­soek e nie, maar staan die po­li­sie by. “Hul rol is om in­lig­ting te ver­sa­mel. Ek kan 100% sê dat daar geen on- der­soek na die mi­nis­ter is nie.”

Pres. Ja­cob Zu­ma, die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) en die Val­ke, wat Gord­han aan­vank­lik on­der­soek het, het ver­le­de week al­mal af­son­der­lik ge­sê hy gaan nie bin­ne­kort in heg­te­nis ge­neem word nie.

Sun­day Ti­mes het on­langs be­rig dat die Val­ke op die punt is om Gord­han en an­der SAID-le­de in heg­te­nis te neem weens hul be­weer­de rol in die stig­ting van die so­ge­naam­de on­wet­ti­ge ge­hei­me een­heid.

Da­vid May­nier, DA-woord­voer­der, het ge­sê dit is moei­lik om te weet wat om te glo weens die lek­ka­sies en teen­lek­ka­sies feit­lik el­ke na­week in die “vuil oor­log” tus­sen Zu­ma en Gord­han.

“Daar blyk twee fei­te te wees – die on­der­soek na die so­ge­naam­de on­wet­ti­ge ge­hei­me een­heid duur voort en as klag­te aan­han­gig ge­maak moet word, in­slui­tend teen die mi­nis­ter, sal die fi­na­le be­sluit deur adv. S­haun A­bra­hams, na­si­o­na­le di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, ge­neem word.

“T­wee­dens, die lek­ka­sies en teen­lek­ka­sies sal ’n ne­ga­tie­we im­pak op be­leg­gings hê en op Suid-A­fri­ka se ont­le­ding wat deur die kre­diet­gra­de­ring s a­gent­skap­pe ge­doen word ,” het May­nier ge­sê.

Die pre­si­den­sie het Vry­dag in ’n ver­kla­ring die “tok­sie­se nar­ra­tief” dat Zu­ma en Gord­han in ’n “oor­log” ge­wik­kel is, ten sterk­ste ver­oor­deel.

Ralph Mat­hek­ga, on­af­hank­li­ke po­li­tie­ke ont­le­der, het ge­sê die si­tu­a­sie is “bi­sar”.

“Uit­ein­de­lik is dit die mi­nis­ter van fi­nan­sies wat on­der druk is. As die doel­wit is om die mi­nis­ter on­der be­leg te plaas, werk dit. Wie an­ders is die tei­ken daar­van as die mi­nis­ter van fi­nan­sies?

“Die doel­wit is waar­skyn­lik nie om die on­der­soek te ver­snel nie, maar om die on­der­soek aan die gang te hou en die si­tu­a­sie so on­houd­baar te maak vir die mi­nis­ter dat hy be­dank,” het Mat­hek­ga ge­sê.

Pra­vin Gord­han

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.