EFF sê ANC sit ag­ter ge­weld op sy saam­trek­ke

Beeld - - News - P­hil­da Es­sop

Die EFF is oor­tuig daar­van dat die ANC ag­ter die “ge­weld en ont­wrig­ting” op sy saam­trek­ke sit.

S­ko­te is ge­vuur en klip­pe is ge­gooi toe die EFF K­waZu­lu-Na­tal ver­le­de week in sy ver­kie­sings­veld­tog be­soek het.

M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF-woord­voer­der, het in ’n ver­kla­ring ge­sê ANC-lei­ers op na­si­o­na­le, pro­vin­si­a­le en streek­vlak het te mid­de van die ge­weld en ont­wrig­ting nie hul le­de tot or­de ge­roep nie om­dat op­drag­te vir die ge­weld glo van “bo” af be­plan en ge­fi­nan­sier word. Die ANC ont­ken dit ten sterk­ste. Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, sê die par­ty ver­oor­deel ten sterk­ste po­li­tie­ke on­ver­draag­saam­heid.

“Ons doen ’n be­roep op ANC-le­de om op die ANC se ver­kie­sings­plan te fo­kus en om nie toe te laat dat le­de uit­ge­lok word nie. Die EFF is uit­lok­kend om na ’n ge­bied te gaan waar die ANC sterk steun het, maar hul­le moet toe­ge­laat word om daar stem­me te werf.”

Kod­wa sê geen ANC-lid het ’n man­daat om so op te tree soos die EFF be­weer nie.

“Ons vra dat al­le par­tye in die ver­kie­sing, ver­al lei­ers, ver­ant­woor­de­lik op­tree en nie op­rui­en­de op­mer­kings maak nie so­dat daar geen re­de vir ge­weld en on­ver­draag­saam­heid is nie,” sê hy.

Die EFF be­weer by al hul saam­trek­ke wat Ju­li­us Ma­le­ma, EFF­lei­er, toe­spreek, het “die ANC ’n groep ge­or­ga­ni­seer” wat pro­beer het om dit te ont­wrig en om ge­weld te stook.

Die EFF sê daar is geen ver­bo­de ge­bie­de in Suid-A­fri­ka nie.

“Ons doen ’n be­roep op die ANC en sy kor­rup­te lei­ers om ten min­ste te er­ken dat die po­li­tie­ke mag vreed­saam oor­han­dig kan word. Die ANC moet nooit die vry­heid van SuidA­fri­ka­ners on­der­myn om po­li­tie­ke par­tye te ver­kies nie. Stop die ge­weld!” lui die ver­kla­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.