Zu­ma be­sin oor mi­nis­ter se hulp aan bui­te­lan­der

Beeld - - News - P­hil­da Es­sop

Pres. Ja­cob Zu­ma “oor­weeg” die om­stan­dig­he­de waar­in No­si­vi­we Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, mi­nis­ter van ver­de­di­ging, ’n Bu­run­de­se vrou na Suid-A­fri­ka ge­bring het.

Die pre­si­den­sie het gis­ter in ’n kort ver­kla­ring be­ves­tig dat Zu­ma voor­lo­pig deur Ma­pi­sa-N­qa­ku­la in­ge­lig is oor die om­stan­dig­he­de waar­in sy die vrou in Ja­nu­a­rie 2014 na Suid-A­fri­ka ge­bring het.

Die pre­si­den­sie wou niks meer oor die saak sê nie.

Die DA het in­tus­sen aan­ge­dui dat die par­ty die kwes­sie na die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) gaan ver­wys. Die par­ty het die par­le­ment se ko­mi­tee oor e­tiek en le­de­be­lan­ge reeds ver­soek om on­der­soek in te stel.

Die par­ty het haar vroe­ër daar­van be­skul­dig dat sy die staat se hulp­bron­ne mis­bruik en die wet ver­ont­ag­saam het om­dat sy die vrou glo in ’n stra­ler van die staat Suid-A­fri­ka toe ge­bring het.

Sun­day Ti­mes het ver­le­de week be­rig dat Ma­pi­sa-N­qa­ku­la ’n fa­mi­lie­vriend, Mi­chel­le We­ge (20), twee jaar ge­le­de met vals reis­do­ku­men­te die land van­uit die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go (DRK) “in­ge­smok­kel” het. Die mi­nis­ter se sus­ter, wat ten ty­de van die voor­val in die Bu­run­de­se am­bas­sa­de ge­werk het, het die do­ku­men­te glo ver­skaf.

Die mi­nis­ter het on­re­ël­ma­tig­heid in ’n ge­de­tail­leer­de ver­kla­ring ont­ken en ver­dui­de­lik dat We­ge op ver­skeie va­kan­sies in Bu­run­di in 2013 en 2014 be­vriend ge­raak het met haar kin­ders. Vol­gens Ma­pi­sa-N­qa­ku­la is We­ge ge­dwing om haar ou­er­huis te ver­laat om mis­han­de­ling deur haar pa vry te spring. Sy het na die DRK uit­ge­wyk waar sy tien dae aan­ge­hou is weens die ver­moe­de dat sy ver­vals­te reis­do­ku­men­te ge­had het.

Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, wat op daar­die tyd­stip op ’n amp­te­li­ke reis in die DRK was, het aan­ge­bied om haar saam met haar te neem om te ver­hoed dat sy ge­de­por­teer word. Sy het ook aan­ge­bied om haar by te staan om wet­ti­ge reis­do­ku­men­te te be­kom.

Sun­day Ti­mes het gis­ter be­rig dat We­ge se pa ont­ken het dat hy haar mis­han­del het en dat sy glo Ma­pi­saN­qa­ku­la se ont­sla­pe seun se vrien­din was.

Ko­bus Marais, DA-LP, het in ’n ver­kla­ring ge­sê die DA sal voort­gaan om die re­ge­ring ver­ant­woord­baar te hou en te ver­se­ker dat o­pen­ba­re amps­dra­ers Suid-A­fri­ka­ners dien.

“ANC-amp­te­na­re het te lank staat­skof­fers vir per­soon­li­ke ver­ry­king ge­bruik, wat mil­joe­ne men­se laat ly het en die erg­ste van hul roe­ke­loos­heid af­kom.”

No­si­vi­we Ma­pi­sa­N­qa­ku­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.