‘Of P­hiy­e­ga van mol wis of nie, sy’s nie be­voeg’

Beeld - - News - Clau­di Mai­lo­vich

Of genl. Ri­ah P­hiy­e­ga ge­weet het L on­min se des­tyd­se men­se hulp­bron­ne hoof was glo’ n ge­hei­me a­gent of nie, is sy on­be­kwaam om po­li­sie­kom­mis­sa­ris te wees.

“Sy is ge­doem as sy ge­weet het en sy is ge­doem as sy nie ge­weet het nie,” sê adv. Du­mi­sa Nt­se­be­za SC, wat van die ver­moor­de Ma­ri­ka­na-myn­wer­kers se fa­mi­lies ver­teen­woor­dig.

Dit is die punt wat hy Woens­dag by die Claas­sen-kom­mis­sie van on­der­soek na haar be­kwaam­heid as po­li­sie­hoof sal maak, sê hy.

Die Claas­sen-kom­mis­sie is aan­ge- stel op aan­drang van die Far­lam­kom­mis­sie van on­der­soek na die Ma­ri­ka­na-slag­ting in Au­gus­tus 2012 waar­in 44 men­se dood is.

Rap­port het Son­dag ont­hul dat Bar­nard Mok­we­na, Lon­min se des­tyd­se hoof van men­se­hulp­bron­ne, toe ’n “deep co­ver”-a­gent van die S­taats­vei­lig­heids­a­gent­skap (SVA) was.

Lui­dens die be­rig was hy in die SVA se sen­tra­le in­deks vir ge­hei­me a­gen­te en bron­ne ge­re­gis­treer.

Mok­we­na het dit aan Rap­port ont­ken.

Nt­se­be­za sê hy sal voor die kom­mis­sie aan­voer dat P­hiy­e­ga ge­weet het daar is ’n mol in Lon­min en dat dit be­te­ken dat sy in­lig­ting weer­hou het. “’n O­neer­li­ke per­soon is nie ge­skik om die po­li­sie ver­der te lei nie.”

Hy sê van­weë die nu­we in­lig­ting moet die fa­mi­lies se ei­se her­sien word om­dat daar vol­gens hom nou gron­de is om nie net ei­se teen die mi­nis­ter van po­li­sie in te stel nie, maar ook teen die re­ge­ring en Lon­min.

Mok­we­na het des­tyds on­der skoot ge­kom as ge­volg van sy ag­gres­sie­we hou­ding teen­oor die myn­wer­kers. Hy het on­der meer in ’n ge­sprek, wat op­ge­neem is, met lt.genl. Zu­ki­z­wa M­bom­bo, des­tyd­se po­li­sie­hoof van Noord­wes, ge­sê: “Daar is net een ma­nier om hier­die he­le ding te han­teer: Kill it.”

“Toe (adv.) Da­li M­po­fu (na­mens fa­mi­lie­le­de van die oor­le­de­nes) ge­praat het van ’n tok­sie­se sa­me­swe­ring tus­sen Lon­min en die po­li­sie, dink ek nie hy het hier­van (dat Mok­we­na glo ’n SVA-a­gent was) ge­droom nie,” sê Nt­se­be­za ge­sê.

M­po­fu sê hy kan nie kom­men­taar le­wer nie om­dat hy be­trok­ke is by die ei­se na­mens die fa­mi­lies wat hy ver­teen­woor­dig.

Adv. Wil­li­am Mok­ha­ri, vir P­hiy­e­ga, was nie be­wus van die nu­we in­lig­ting nie.

Bar­nard Mok­we­na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.