Hui­sie by die see . . . vir R290 mil­joen

Beeld - - News - Alet Jan­se van Rens­burg

Al­mal wil ’n hui­sie by die see hê, maar teen R290 mil­joen is dit be­slis nie elk­een be­sko­re nie.

’n Luuk­se huis in Ban­try­baai in Kaap­stad is ver­le­de week vir dié re­kord­be­drag ver­koop.

“Ek kan nie dink dat daar al ’n huis vir so ’n groot be­drag in Suid-A­fri­ka ver­koop is nie – en dus ook nie in A­fri­ka nie,” het De­ni­se Do­gon, uit­voe­ren­de hoof van die Do­gon Group, wat die huis ver­koop het, ge­sê.

Sy wou nie e­ni­ge ver­de­re be­son­der­he­de oor die koop­tran­sak­sie be­kend maak nie om­dat dit nog ge­fi­na­li­seer moet word.

“Dit is amp­te­lik ver­koop, maar om­dat dit so ’n groot tran­sak­sie is, wil ons dit nie eint­lik aan die groot klok hang voor­dat dit nie heel­te­mal af­ge­han­del is nie,” het sy ge­sê.

Die huis, wat in 2014 ge­bou is, is deur ’n bui­te­lan­der ge­koop.

Die huis is 698 m² groot en be­staan uit drie ver­die­pings met slaap­ka­mers op die boon- ste ver­die­ping, ’n oop­plan­leef­a­rea, tuin en swem­bad op die mid­del­ste ver­die­ping en ’n mo­tor­huis op die on­der­ste ver­die­ping.

Die huis in O­ce­an Vie­wry- laan, teen die hel­ling van Leeu­kop en op die rand van die Ta­fel­berg Na­si­o­na­le Park, het ’n uit­sig van 360 ° wat strek van so ver as Rob­ben­ei­land tot die Ge­wel­berg.

Die huis is spe­si­fiek ont­werp om by die na­tuur in te pas en el­ke ka­mer so­veel as moont­lik van ’n uit­sig te gee.

Ver­der het die huis ’n doel­ge­maak­te bron­skof­fie­kroeg, ’n win­ter­sit­ka­mer met ’n kag­gel en ei­ke­hout­vloe­re in die slaap­ka­mers. Die mu­re het ’n be­to­n­af­wer­king en die dak is van ko­per.

Die spog­wo­ning het on­langs ’n Ar­chi­ti­zer A+-prys, een van die wê­reld se ge­sog­ste ar­gi­tek­to­nie­se pry­se, vir die bes­te ar­gi­tek­tuur in ’n pri­va­te wo­ning ge­wen. Dit is deur die Kaap­se ar­gi­teks­fir­ma Sa­o­ta ont­werp.

Dié spog­huis in Ban­try­baai in Kaap­stad is ver­le­de week vir ’n re­kord­be­drag van R290 mil­joen ver­koop. Fo­to’s: SA­O­TA/A­DAM LETCH

So lyk die oop­plan­leef­a­rea in die drie­ver­die­ping­huis. Die huis het ’n uit­sig van 360 wat so ver as Rob­ben­ei­land strek.

Die huis het vloe­re van ge­po­leer­de be­ton in die leef­a­rea en ei­ke­hout in die slaap­ka­mers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.