Ne­an­der­dal­struk­tu­re in grot ’n raai­sel

Beeld - - News - El­sa­bé B­rits

Ne­an­der­dal-men­se het 175 000 jaar ge­le­de diep in ’n grot u­nie­ke struk­tu­re van sta­lag­mie­te ge­bou.

Dit dui op baie vroeë sim­bo­lie­se en kog­ni­tie­we den­ke by ’n an­der spe­sie as die mens, skryf na­vor­sers in die a­ka­de­mie­se vak­tyd­skrif Na­tu­re.

So­wat 400 sta­lag­mie­te is in die Bru­ni­quel-grot in die suid­wes­te van Frank­ryk ge­vind. Dit is doel­be­wus in stuk­ke van so­wat 30 cm ge­breek en in sir­kel­muur­tjies van so­wat 40 cm hoog op­ge­sta­pel. Een van die ru­we sir­kels is 6,7 m x 4,5 m en die twee­de 2,2 m x 2,1 m.

“Dit is fyn be­plan, maar die funk­sie daar­van bly duis­ter,” sê dr. Ja­c­ques Jau­bert, hoof­na­vor­ser aan die U­ni­ver­si­teit van Bor­deaux in Frank­ryk.

Dit kon wel ’n sim­bo­lie­se funk­sie ge­had het.

Dit is meer as 300 m diep in die grot ge­kry. Om so diep in ’n grot in te gaan, word ver- bind met taam­lik mo­der­ne ge­drag.

Hul­le het ook vuur ge­had, want ge­bran­de dier­be­ne is ge- vind wat met dié era ver­bind word én daar is be­wy­se ge­kry dat die sta­lag­mie­te ook ver­hit is. Van die sta­lag­mie­te is rooi en swart ver­kleur.

Die e­nig­ste ho­mi­nie­de des­tyds in Eu­ro­pa was Ne­an­der­dal-men­se, wat van 400 000 jaar tot 40 000 jaar ge­le­de daar voor­ge­kom het. Ho­mo sa­piens, mo­der­ne men­se, was nie 175 000 jaar ge­le­de in Eu­ro­pa nie.

Fo­to: SSAC

’n Na­vor­ser doen op­me­tings in die Bru­ni­quel­grot in Frank­ryk van die struk­tu­re van sta­lag­mie­te van 175 000 jaar oud wat deur Ne­an­der­dal­men­se ge­bou is. Dit dui op kog­ni­tie­we en sim­bo­lie­se den­ke.

’n D­rie­di­men­si­o­ne­le re­kon­struk­sie van die struk­tu­re in die Bru­ni­quel­grot in die suid­wes­te van Frank­ryk wat deur Ne­an­der­dal­men­se ge­bou is. Die groot­ste sir­kel is 6,7 m x 4,5 m wyd en die muur­tjies is ge­bou deur stuk­ke sta­lag­miet (30 cm lank) op me­kaar te sta­pel. Die doel daar­van is ’n raai­sel. Fo­to: PASCAL MORA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.