Ru­an is A­pril se wen­ner

Beeld - - News -

Ru­an Lombard van Roo­de­poort is die A­pril-wen­ner in

Beeld se Ba­ba van die Jaar 2016-kom­pe­ti­sie.

Ru­an is op 6 Ok­to­ber in die Li­fe Bed­ford Gar­dens Hos­pi­taal ge­bo­re en is Erika en LP se eer­ste kind.

Op pad hos­pi­taal toe die nag met sy ge­boor­te het die eg­paar ’n noue ont­ko­ming ge­had.

Erika ver­tel: “Ons het 3:00 die og­gend met ’n pap wiel langs die hoof­weg gaan staan en kon nie die wiel om­ge­ruil kry nie! Daar staan ek toe met my tas langs die pad en ons hoop ie­mand stop om te help. Ge­luk­kig het ’n barm­har­ti­ge sa­ma­ri­taan ons weer op die pad ge­kry. Dit was om­trent ’n be­nou­de oom­blik.”

Ru­an be­te­ken “God se per­fek­te skep­ping” en Erika sê met sy on­deun­de lag­gie is hy ’n droom van ’n kind.

“Self al is hy sie­ke­rig, kla hy nie.”

Al­mal, van sy ou­mas tot die snoe­pie­tan­nie by die skool waar Erika be­trok­ke is, het help stem­me ver­sa­mel.

“Ons droom vir Ru­an is dat hy ge­sond sal wees,” sê Erika.

“Ons sal hom on­der­steun in waar­op hy ook al sy hart sit. As ou­ers wil ons graag vir hom ’n voor­beeld wees en sy ka­rak­ter bou. Ons hoop dat hy een­dag baie suk­ses­vol sal wees.”

) Ru­an ont­vang ’n koop­be­wys ter waar­de van R1 000 van Ba­by Ci­ty en ’n ge­skenk­pak ter waar­de van R500 van Pen­guin Rand­om Hou­se.

) Wil jy in­skryf? Stuur e-pos na ba­bas@beeld.com vir die vol­le­di­ge re­ëls. Ba­bas jon­ger as 12 maan­de wat in Beeld se ver­sprei­dings­ge­bied woon, kan in­skryf.

Ons hoop dat hy een­dag baie suk­ses­vol sal wees. — ERIKA LOMBARD

Ru­an Lombard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.