Vrou ver­loor ba­ba by­na

Dit is ’n seun, hoor man kort voor moord

Beeld - - News - An­le­rie de Wet

Ke­zia Mc Al­pi­ne (26) fo­kus nou op haar on­ge­bo­re ba­ba se ge­sond­heid na­dat sy weens die nuus van die skok­moord op haar man, Ke­vin (29), by­na ’n mis­kraam ge­had het.

Ke­vin, ’n ver­se­ke­rings­ma­ke­laar, is Don­der­dag­aand dood in sy mo­tor se ba­ga­sie­bak in Kru­gers­dorp ge­vind. Die se­we maan­de swan­ger Ke­zia moes in­der­haas hos­pi­taal toe ge­neem word. Sy gis­ter ont­slaan.

“Sy en die ba­ba is ge­sond en sy is nou by haar ma,” sê Ju­a­net­te Mc Al­pi­ne (51), Ke­vin se ma. “Ke­zia hou vas aan die ba­ba se ge­sond­heid en han­teer din­ge nou baie goed.”

Ke­vin en Ke­zia het Don­der­dag­mid­dag, voor­dat hy ver­dwyn het, by hul dok­ter ge­hoor dat hul­le ’n seun­tjie gaan hê.

Ju­a­net­te het vroe­ër aan Beeld ge­sê die eg­paar sou die ba­ba se naam vol­gen­de week op die ooi­e­vaars­par­ty­tjie be­kend ge­maak het.

Ke­vin is Don­der­dag­aand deur sy fa­mi­lie as ver­mis by die plaas­li­ke ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF) aan­ge­meld.

Gert Jon­ker, voor­sit­ter van die GPF, sê Ke­vin se mo­tor is kort daar­na in Went­worth Park, “’n swak deel van die dorp”, ge­vind.

Die po­li­sie is in ken­nis ge­stel en Ke­vin se pa, Chris (53), het kort daar­na sy seun se naak­te lyk in plas­tiek toe­ge­draai in die ba­ga­sie­bak ge­vind, sê Ju­a­net­te. Ke­vin is b­lyk­baar ver­skeie ke­re met ’n stomp voor­werp op die kop ge­slaan.

Die mo­dus o­pe­ran­di stem oor­een met die moord op An­tho­ny S­cho­field (67), ook ’n ver­se­ke­rings­ma­ke­laar, sê konst. Lucky Ma­to­me, po­li­sie­woord­voer­der.

S­cho­field se lyk is drie we­ke ge­le­de in Kru­gers­dorp-Noord in sy mo­tor se ba­ga­sie­bak ge­vind. Hy was ook naak en in plas­tiek toe­ge­draai en het ’n kop­wond ge­had.

Die ver­band tus­sen die twee moor­de is nog nie be­ves­tig nie, sê Ma­to­me. Die fo­ren­sie­se on­der­soe­ke moet nog be­ves­tig of dit ge­ï­so­leer­de voor­val­le of die werk van reeks­moor­de­naars is.

Ma­to­me sê met in­lig­ting wat hul­le van die ge­meen­skap ont­vang het, word daar na twee men­se ge­soek in ver­band met die moord op Ke­vin.

“Ek wou eers niks van die on­der­soek af weet nie, maar het be­sef ek moet doen wat ek kan om se­ker te maak ’n der­de fa­mi­lie word nie ge­raak nie,” sê Ju­a­net­te.

Sy sê die fa­mi­lie voel nou al ’n bie­tjie be­ter en sal heel waar­skyn­lik mô­re, na­dat die lyk­skou­ing af­ge­han­del is, met die be­graf­nis­re­ë­lings be­gin.

Fo­to: FE­LIX DLANGAMANDLA

Ju­a­net­te en haar dog­ter, Mi­chel­le (24), treur eer­gis­ter na­dat hul seun en broer Don­der­dag­aand dood in sy mo­tor se ba­ga­sie­bak ge­vind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.