Ge­stor­we sol­da­te ver­eer

Beeld - - News - Han­ti Ot­to

Soos by ve­le be­graf­nis­se van ge­val­le sol­da­te het die hart­roe­ren­de laas­te tap­toe gis­ter oor die by­na 700 aan­we­si­ges weer­klink.

“In tye van vre­de be­gra­we seuns hul va­ders. In tye van oor­log be­gra­we va­ders hul seuns.”

B­rig.genl. (afg.) ds. Ma­ri­us Cor­ne­lis­sen het op die Raad van Mi­li­tê­re Ve­te­ra­ne-or­ga­ni­sa­sies (RMVO) se jaar­lik­se ge­denk­diens by die Voor­trek­ker­mo­nu­ment in P­re­to­ria na dié woor­de van die fi­lo­soof He­ro­do­tus ver­wys.

Jonk, oud, in u­ni­form en bur­ger­drag, het stil ge­kyk na die Suid-A­fri­kaan­se Weer­mag (SAW) se Muur van He­rin­ne­ring met rye na­me van dié wat se­dert 31 Mei 1961, Re­pu­bliek­wor­ding, tot 27 A­pril 1994, toe die nu­we Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Weer­mag (SANW) tot stand ge­kom het, in diens van die land ge­sterf het.

Drie Har­vard-vlieg­tuie het oor die mo­nu­ment ge­dreun voor­dat genl.maj. (afg.) Jo­hann Dip­pe­naar, voor­sit­ter van die RMVO, ge­sê het: “’n Mens kan nie ge­lief­de ge­val­le sol­da­te ver- eer son­der om ook ’n teer hand van waar­de­ring na hul fa­mi­lie uit te steek nie.

“Geen oor­log mag in die niet ver­dwyn nie. El­ke oor­log en die mee­gaan­de op­of­fe­rings is ’n bou­steen tot be­ter ver­stand­hou­dings. Ons mag nooit die by­drae van sol­da­te, aan wat­ter kant hul­le ook al ge­veg het, ver­geet nie,” het Dip­pe­naar ge­sê.

Fo­to: HERMAN VERWEY

So­wat 700 men­se in u­ni­form en bur­ger­drag het gis­ter die ge­denk­diens vir ge­stor­we sol­da­te in P­re­to­ria by­ge­woon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.