O­Kaap eer Bey­ers Nau­dé

Beeld - - News - Ros­lyn Baat­jies

Die Oos-Kaap se “jong­ste” mu­ni­si­pa­li­teit gaan na Bey­ers Nau­dé, boor­ling van Graaff-Rei­net en stryd­ros teen a­part­heid, ge­noem word.

Aan­vank­lik is die naam Ka­roo Sy­bok­haar voor­ge­stel vir die mu­ni­si­pa­li­teit, waar­in die I­kwe­zi-, Cam­de­boo- en Ba­vi­aans­mu­ni­si­pa­li­teit saam­ge­voeg is.

“Daar is ’n he­le paar ver­toë ge­rig téén die naam en die pro­ses vir naam­voor­stel­le moes toe weer van voor­af ge­pak word,” sê Lyn­ne Nie­mann, woord­voer­der van die Sa­rah Baart­man-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit, waar­on­der die Bey­ers Nau­dé-mu­ni­si­pa­li­teit val.

“Die fa­mi­lie van wy­le Bey­ers Nau­dé het hul se­ën ge­gee dat ons die mu­ni­si­pa­li­teit na hom noem.”

Nie­mann het ge­sê geen be­swa­re is teen die naam ont­vang nie.

Fo­to: DAWID ROUX

Dr. Bey­ers Nau­dé, wê­reld­be­ken­de a­part­heid­stry­der en boor­ling van Graaff­Rei­net, na wie ’n “nu­we” mu­ni­si­pa­li­teit, wat on­der meer Graaff­Rei­net in­sluit, ge­noem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.