Fiets­ry­ers ge­maan ná aan­val by Pta­fort

Beeld - - News - Re­tha Fou­rie

Fiets­ry­ers wat by Fort Klap­per­kop in P­re­to­ria gaan ry, word ge­maan om in groe­pe te ry na­dat ’n P­re­to­ri­a­se dok­ter en haar man die na­week daar aan­ge­val is.

Vol­gens Art­hur C­re­we van High Risk U­nit Se­cu­ri­ty het die paar­tjie, wat nie hul i­den­ti­teit be­kend wil maak nie, Sa­ter­dag­mid­dag op ’n paad­jie na­by die Fon­tei­ne­sir­kel ge­ry.

Die dok­ter het ’n ent voor haar man ge­ry. Vier mans het haar van haar fiets ge­pluk, die bos­se in­ge­sleep en met ’n klip ge­slaan, hoof­saak­lik op die kop.

Sy het met al­le mag aan haar val­helm se band­jies vas­ge­klou om te keer dat hul­le dit af­pluk.

Dit was ver­moe­de­lik haar red­ding.

Sy het hard ge­gil en haar te­ë­ge­sit, ook toe hul­le haar pro­beer ver­wurg het.

In­tus­sen is haar man deur nog twee aan­val­lers ag­ter­na­ge­sit. In daar­die sta­di­um was hy on­be­wus van die aan­val op sy vrou.

Hy kon weg­kom en het na die R21 ge­jaag en by vei­lig­heids­wag­te in ’n vei­lig­heids­voer­tuig pro­beer hulp kry.

Na ver­neem word, wou hul­le hom nie help nie.

Hy is te­rug om sy vrou te soek, maar sy het in­tus­sen los­ge­ruk en ook na die R21 ge­vlug waar ’n mo­to­ris haar na vei­lig­heid ge­neem het. Sy is van on­der meer haar fiets be­roof.

Die po­li­sie het nog nie­mand in heg­te­nis ge­neem nie.

Be­sorg­de ge­meen­skaps­le­de en vrien­de van die slag­of­fers het aan ’n soek­tog na die oor- tre­ders deel­ge­neem en ge­sê hul­le sal al­les in die stryd werp om die skul­di­ges op te spoor.

Fo­to: DA

He­len Zil­le, pre­mier van die Wes­Kaap, en Sol­ly M­si­man­ga, DA­bur­ge­mees­ter­skan­di­daat vir Tshwa­ne, s­tap Son­dag in die Groen­kloof­re­ser­vaat in P­re­to­ria in die S­tap vir Vei­lig­heid­veld­tog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.