Só ry mens pro­bleem­vry

Jy mag nie met plak­kies be­stuur

Beeld - - News - Re­tha Fou­rie

Sorg dat jy jou voor­af ver­ge­wis van al die moets en moe­nies, volg die kor­rek­te pro­se­du­re met aan­soe­ke om die no­di­ge do­ku­men­te en wees goed voor­be­reid wan­neer jy Mosambiek be­soek. Dan be­hoort jy nie pro­ble­me te er­vaar nie.

So meen Dirk Fou­rie, stig­ter van die Facebook-blad D­ri­veMoz, na aan­lei­ding van ver­skeie brie­we on­langs in Beeld oor be­weer­de kor­rup­te op­tre­de deur ver­keers- en po­li­sie­be­amp­tes in die buur­land teen toe­ris­te, as­ook tal­le an­der strui­kel­blok­ke vir be­soe­kers.

Ger­rie van Wyk het ver­le­de week ge­skryf weens boe­tes in Mosambiek bly hul­le lie­wer tuis, ter­wyl Pie­ter Gro­bler ge­skryf het dat ’n mens moet weg­bly uit Mosambiek en Mey­er van Rooy­en meen ’n mens moet se­nu­wees van staal en baie ge- duld hê as jy daar­heen wil gaan.

Fou­rie meen die mees­te pro­ble­me ont­staan by men­se wat nie goed ge­noeg in­ge­lig is wan­neer hul­le Mosambiek be­soek nie. Hy sê in die 20 jaar dat hy Mosambiek ge­reeld be­soek, het hy ge­noeg on­der­vin­ding op­ge­doen om men­se raad te gee en daar­om het hy D­ri­veMoz ge­stig wat nou al 15 000 le­de het.

“Ont­hou: Jy is ’n be­soe­ker in die land – wees dus be­leef, re­spek­teer hul­le en haal jou son­bril af wan­neer jy met ’n po­li­sie- of ver­keers­be­amp­te praat.”

Hy meen ’n ge­brek aan ken­nis is die oor­saak van die mees­te pro­ble­me wat be­soe­kers daar on­der­vind. “Men­se raak be­noud wan­neer ’n po­li­sie- of ver­keers­man hul­le langs die pad voor­keer. Om­dat hul­le nie goed ge- noeg in­ge­lig is nie . . . aan­vaar hul­le e­nig­iets wat die be­amp­te vir hul­le sê,” sê hy. Be­amp­tes wat moont­lik ge­neig kan wees tot om­ko­pe­ry, sal twee keer dink voor­dat hy om­koop­geld vra as hy be­sef die toe­ris is in­ge­lig.

Fou­rie sê men­se wat voor­af se­ker maak hul­le ken die Mo­sam­biek­se ver­keers­re­ëls en wat ’n lys van die vas­ge­stel­de boe­tes by­der­hand het, kan ver­hoed dat hul­le te veel be­boet word. Dit is by­voor­beeld ’n oor­tre­ding om met plak­kies te be­stuur.

Hy sê be­soe­kers moet voorts toe­sien dat hul­le ie­mand kan bel as hul­le wel hulp no­dig het. “Hou ’n lys be­lang­ri­ke foon­nom­mers by­der­hand, soos dié van die am­bas­sa­de en die plek waar­heen jy gaan,” sê hy en voeg by dat die Zel­lo-sel­foon­app waar­deur ’n mens kan bel ook nood­saak­lik is.

Tal­le an­der ge­reel­de be­soe­kers aan Mosambiek stem met Fou­rie saam.

La­na Ros­seau sê haar man werk al 13 jaar daar “en ek ry baie ge­reeld vrou-al­leen son­der pro­ble­me in Mosambiek. Die be­lang­rik­ste is om te sorg dat jy ál­les vol­gens hul pad­re­ëls en ver­eis­tes doen. En om ál­tyd be­leef te wees en hul­le met re­spek te be­han­del”.

A­dri­aan An­der­son sê: “Bly by die spoed­re­ëls. As jy twy­fel, ry 60 (km/h)!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.