Wag­te gooi ro­wers met klip­pe

Beeld - - News - Han­ti Ot­to

Vei­lig­heids- en mo­tor­wag­te het eer­gis­ter se­we “baie goed ge­kle­de” ro­wers se weg­kom­mo­tors by die Lynn­wood B­rid­ge-win­kel­sen­trum in P­re­to­ria-Oos met klip­pe be­stook in ’n des­pe­ra­te po­ging om hul­le vas te keer.

Hul­le moes vin­nig koes toe die ro­wers op hul­le be­gin skiet.

“Die een skoot is dwars­deur ’n ge­par­keer­de mo­tor. ’n An­der skoot het doer ook ’n mo­tor ge­tref,” het van die wag­te groot­oog be­duie.

Vol­gens ao. He­ro Gum­bu, po­li­sie­woord­voer­der, het die aan­val­lers met meer as R3,36 mil­joen se ju­we­le by die Jen­na Clifford-ju­we­liers­win- kel uit­ge­stap.

“Om­streeks 11:15 het ses mans en een vrou, wat net­jies ge­klee was, by die win­kel in­ge­gaan. Hul­le het vuur­wa­pens op die wag­te ge­rig en al­mal in ’n stoor­ka­mer toe­ge­sluit. Die ver­dag­tes het die ju­we­le ge­vat, ge­vlug en s­ko­te af­ge­vuur,” het Gum­bu ge­sê.

Oog­ge­tui­es het ge­sien hoe twee voer­tuie, ’n Mer­ce­desBenz en ’n Hyun­dai, ag­ter­me­kaar in die ry­vlak van die par­keer­ter­rein stil­ge­hou het.

Die Jen­na Clifford-win­kel is by die een punt na­by die par­keer­ter­rein.

“Ons kon nie help om te sien hoe smart die men­se in die mo­tors aan­ge­trek is nie. Hul­le was baie, baie don­ker. Don­ker­der as ons van Suid- A­fri­ka,” het ’n mo­tor­wag ge­sê.

Die groep was “op die mees­te” twee mi­nu­te weg voor­dat hul­le rus­tig te­rug­ge­stap het. “Hul­le het Jen­na Clifford-sak­kies in hul han­de ge­had. Nog­al baie. Dit het ons laat dink iets is snaaks,” het nog ’n wag ge­sê.

Die vol­gen­de oom­blik het wag­te van die win­kel se rig­ting aan­ge­hard­loop ge­kom en a­larm ge­maak.

“Die Mer­ce­des-Benz en die Hyun­dai het rus­tig weg­ge­ry. Ie­mand het ’n klip op­ge­tel en ‘ka­pauw’ die Mer­ce­des-Benz ge­tref, maar dié het net aan­hou ry.” Nog klip­pe het die Hyun­dai ge­tref.

“Toe be­gin die men­se in die mo­tor skiet.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.