Vrae oor ten­der, be­stuur

Groe­pe gaan OB vra om re­ser­vaat te be­kyk

Beeld - - News - Re­tha Fou­rie

Bur­ger­li­ke groe­pe gaan die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) vra om die be­stuur van die Riet­vlei­na­tuur­re­ser­vaat bui­te P­re­to­ria te on­der­soek.

Dit kom na­dat twee re­nos­ter­koeie en ’n on­ge­bo­re kalf Don­der­dag­nag in die re­ser­vaat ge­stroop is.

Hul­le wil ook vra dat die be­stuur van die Riet­vlei-na­tuur­re­ser­vaat oor­ge­dra word aan ’n in­stel­ling wat die vei­lig­heid van die wild op die hart dra en sal ver­se­ker dat die re­ser­vaat “be­ter be­stuur” word.

Die re­ser­vaat is on­der be­heer van die Tshwa­ne-me­tro.

Ver­teen­woor­di­gers van ver­skeie groe­pe, in­slui­tend ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rums (GPF’s), e­re­veld­wag­ters en be­sorg­de in­wo­ners van die Riet­val­lei, I­re­ne en om­lig­gen­de ge- bie­de het gis­ter­og­gend ’n nood­ver­ga­de­ring by die re­ser­vaat in die suid­oos­te van P­re­to­ria ge­hou.

Mey­er P­heif­fer, voor­sit­ter van die Lyt­tel­ton Sek­tor 6-GPF en voor­sit­ter van die nood­ver­ga­de­ring, sê die OB gaan ge­vra word om te kyk na die ten­der­pro­ses wat ge­volg is met die aan­stel­ling van die vei­lig­heids­maat­skap­py by die re­ser­vaat en sy on­ver­moë om diens­te te ver­skaf.

Daar gaan ook ge­vra word vir die skor­sing en aan­stel­ling van be­stuurs­le­de, ’n on­der­soek na die toe­ken­ning en ge­bruik van geld en na die ver­moë van wer­kers om die vuur­wa­pens wat aan hul­le uit­ge­reik word te han­teer, as­ook die kon­tro­le oor hos­tel­le en hui­se in die re­ser­vaat.

Hy sê ver­der moont­li­ke op­los­sings is om die re­ser­vaat te pri­va­ti­seer of die be­stuur aan San­par­ke oor te dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.