Voor­uit­sig­te vir die rand in 2016 ver­be­ter

Maar deel­ne­mers toe­ne­mend pes­si­mis­ties oor groei­koers

Beeld - - Sake - Da­vid van Rooy­en

Jo­han­nes­burg. – E­ko­no­me is eens­klaps baie meer op­ti­mis­ties oor die voor­uit­sig­te vir die rand vir die res van die jaar as wat hul­le vroe­ër was.

Trou­ens, meer as die helf­te van die 34 e­ko­no­me wat aan Sa­ke se E­ko­noom van die Jaar­wed­stryd deel­neem, dink die ge­mid­del­de wis­sel­koers van die rand gaan in die laas­te kwar­taal van van­jaar la­er wees as Vry­dag se vlak van rond­om R15,60 vir ’n dol­lar – dít na­dat die rand die af­ge­lo­pe maand ty­de­lik met so­wat 20% ver­swak het op grond van ge­rug­te dat Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, op aan­klag­te van spi­oe­na­sie aan­ge­keer kan word.

Die jong­ste kon­sen­sus is dat die rand in die laas­te kwar­taal teen ge­mid­deld R15,69 vir ’n dol­lar gaan ver­han­del.

Dit is la­er as die vo­ri­ge maand se kon­sen­sus van R15,70, die twee­de op­een­vol­gen­de maand dat dit ge­beur.

Die merk­waar­dig­ste is eg­ter die feit dat 19 van die 34 e­ko­no­me dink een dol­lar gaan in die laas­te kwar­taal nie meer as R15,50 kos nie.

Trou­ens vyf van die 19 dink dat die rand teen die ein­de van die jaar teen min­der as R15,00 vir ’n dol­lar gaan ver­han­del. Die mees op­ti­mis­tie­se sie­ning is dié van Frank Black­mo­re van KPMG wat ’n wis­sel­koers van R13,95 ver­wag, ter­wyl Da­wie Roodt van Ef­fi­cient Group en Jan­nie Ros­souw, se­ni­or kon­sul­tant by P­ri­ceMe­tri­cs, R14,00 vir ’n dol­lar voor­spel. Chris Harm­se van Re­ba­lan­ce en Ri­an le Roux van Old Mu­tu­al, die hui­di­ge E­ko­noom van die Jaar, dink ’n wis­sel­koers van R14,80 vir ’n dol­lar is moont­lik.

En net ses van 34 dink nog dat ’n dol­lar teen die ein­de van die jaar meer as R16,00 gaan kos.

Dit is nie on­moont­lik nie dat po­li­tie­ke on­se­ker­heid, soos die hui­di­ge bek­ge­veg tus­sen Gord­han en die Val­ke, weer tot ty- de­li­ke skom­me­lin­ge kan lei, maar dit lyk of e­ko­no­me dink dat die mees­te van die sleg­te nuus op die e­ko­no­mie­se ho­ri­son reeds ver­dis­kon­teer is.

Die groot ge­vaar is dat ho­ër A­me­ri­kaan­se ren­te­koer­se die dol­lar ver­der kan ver­sterk, wat die rand kan be­na­deel. Maar dit lyk as­of mark­te wê­reld­wyd nou al vre­de ge­maak het met so ’n moont­lik­heid. Die rand het nie net ver­le­de week heel­wat ver­ste­wig nie, maar die in­deks van al­le aan­de­le op die JSE is tans op die hoog­ste vlak van­jaar.

Die e­ko­no­me is eg­ter nie so op­ti­mis­ties oor Suid-A­fri­ka se groei­voor­uit­sig­te nie. Hul­le het hul ra­ming oor e­ko­no­mie­se groei se­dert die be­gin van ver­le­de jaar nog el­ke maand af­waarts aan­ge­pas.

Die jong­ste ra­ming is dat die e­ko­no­mie van­jaar net met 0,40% gaan groei en aan­staan­de jaar met 1,29%, na­dat die ra­mings die vo­ri­ge maand nog 0,44% vir van­jaar en 1,31% vir aan­staan­de jaar was.

Wat op­merk­lik is, is dat die e­ko­no­me al hoe meer een­stem­mig is oor hoe be­roerd die e­ko­no­mie­se voor­uit­sig­te is. Net een, die aarts­op­ti­mis dr. Roe­lof Bo­tha van PwC, re­ken die e­ko­no­mie gaan van­jaar nog met meer as 1% groei.

Al­te­sa­me 20 van die e­ko­no­me dink in dié sta­di­um dat die groei­koers nie meer as 0,5% gaan wees nie. Drie van hul­le voor­spel selfs ne­ga­tie­we groei ter­wyl nog twee van hul­le geen groei ver­wag nie.

Mi­ke S­chüs­sler, ’n voor­ma­li­ge wen­ner, het sy voor­spel­ling af­waarts aan­ge­pas tot ’n ne­ga­tie­we groei­koers van 0,9%. Prof. Jo­han Wil­lem­se van die U­ni­ver­si­teit van die Vrystaat ver­wag ’n ne­ga­tie­we koers van 0,3%.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.