Pe­trol­prys: Groot knou vir jou beur­sie ver­wag

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Kaap­stad. – Dit gaan jou in Ju­nie waar­skyn­lik tus­sen R26 en R40 meer kos om ’n tenk van 50 li­ter vol pe­trol of die­sel te maak.

Hoe­wel die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds se amp­te­li­ke pry­se nie soos ver­wag is die na­week aan­ge­kon­dig is nie, dui ein­de ver­le­de week se sy­fers aan dat ’n groot sty­ging be­slis aan die kom is.

Die on­der­ver­ha­ling op al­le gra­de pe­trol is na­ge­noeg 52c per li­ter en op die­sel na­ge­noeg 77 c per li­ter.

Die kans is dus goed dat pe­trol in Gau­teng die eer­ste keer se­dert Ju­nie ver­le­de jaar duur­der as R13 per li­ter sal wees en die­sel die eer­ste keer se­dert Ju­lie duur­der as R11 per li­ter. Brand­stof is duur­der in die bin­ne­land as aan die kus.

Dit sal die der­de maand ag­ter­een­vol­gens wees waar­in pe­trol duur­der word. Die prys van die­sel het in Maart en A­pril ge­styg en toe in Mei met 1c per li­ter goed­ko­per ge­word.

Van die on­der­ver­ha­ling van 52c per li­ter op pe­trol kan 30c aan die ho­ër o­lie­prys toe­ge­skryf word en 22c aan die swak­ker rand.

Vir die­sel kan 56c aan ho­ër o­lie­pry­se toe­ge­skryf word en 21c aan die swak­ker rand.

Die Au­to­mo­biel-As­so­si­a­sie (AA) sê dit sal nie die laas­te sty­ging wees nie.

“In­ter­na­si­o­na­le pe­tro­le­um­pry­se gaan voort met hul op­waart­se nei­ging in Mei en die ver­swak­ken­de rand-dol­lar­wis­sel­koers het die ver­brui­ker aan die vol­le mag van o­lie bloot­ge­stel.”

Die AA is be­kom­merd oor die styg­ten­dens, al is daar steeds men­se wat re­ken die wê­reld­wye oor­aan­bod van o­lie sal pry­se weer laat daal.

B­rent-ru­o­lie het Vry­dag teen $49,55 per vat ver­han­del en was die laas­te we­ke net­net on­der die $50-kerf.

Die rand het die af­ge­lo­pe maand by R16 per dol­lar ge­draai na­dat dit die vo­ri­ge maand selfs R14,16 was.

Die rand se lot sal vol­gen­de Vry­dag be­paal word wan­neer S­tan­dard & Poor’s be­sluit of hy staat­skuld tot rom­mel­sta­tus af­gra­deer of nie.

Die brand­stof­prys sal Woens­dag styg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.