Moody’s waar­sku oor kre­diet

Beeld - - Sake -

Lon­den. – Swak­ker groei sal druk plaas op die kre­diet­ge­hal­te in A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra na­ma­te re­ge­rings se be­gro­tings on­der druk kom, skuld­vlak­ke styg en lae grond­stof­pry­se oor­heer­sen­de in­kom­ste­bron­ne be­perk.

Só lui ’n ver­slag van Moody’s In­ves­tors Ser­vi­ce wat op die A­fri­ka-ont­wik­ke­lings­bank se jaar­lik­se ver­ga­de­ring in Lu­sa­ka, Zam­bië, uit­ge­reik is.

Ri­ta Ba­bi­hu­ga, me­de­skry­wer van die ver­slag, sê die uit­voer­ders van kom­mo­di­tei­te in die streek kan ’n der­de op­een­vol­gen­de jaar van swak­ker groei ver­wag. Tot ses lan­de in A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra is reeds se­dert be­gin van­jaar af­ge­gra­deer.

Al die e­ko­no­mieë wat Moody’s in A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra gra­deer, er­vaar sta­di­ger groei van­jaar, be­hal­we Ke­nia, Na­mi­bië en Se­ne­gal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.