Wes­Kaap­se boe­re staal hul­le vir groen droog­te

Beeld - - Sake - Vi­da Booy­sen

Bloem­fon­tein. – Graan­boe­re in die Wes-Kaap is bit­ter be­kom­merd oor wat as ’n “groen droog­te” be­stem­pel word.

Hoe­wel re­ën in die Wes-Kaap se win­ter­graan­stre­ke wel plek­plek ge­val het, is daar steeds ná die vo­ri­ge droë sei­soen min grond­vog en die dam­vlak­ke is baie laag, sê Ri­chard K­ri­ge, ’n streek­be­stuur­der van Graan SA en boer in die dis­trik Ca­le­don.

“Dit raak nou kri­ties droog met die ge­volg dat ge­was­se wat ge­saai is, swaar­kry en plek-plek op­kom.”

Hy sê hoe­wel die veld dalk groen lyk, is die grond­vog nie vol­doen­de vir be­hoor­li­ke groei nie en het die veld min dra­krag.

“As die re­ën eers met die koue saam kom, wil die wei­ding nie groei nie en ons ver­wag daar­om gro­ter druk op vee­boe­re ook.”

An­dries T­heron, ’n graan­boer van Moor­rees­burg en vi­se­voor­sit­ter van Graan SA, sê daar heers ver­al groot kom­mer oor ka­no­la-aan­plan­tings, wat ge­voe­lig is vir droog­te.

“Ons het aan­vank­lik goeie re­ën ge­had en daar is nor­ma­le aan­plan­tings ge­doen, maar die af­ge­lo­pe drie we­ke was droog en vir die ge­was­se soos ha­wer, gars en ka­no­la wat nou net be­gin ont­kiem, kan dit ramp­spoe­dig wees,” sê T­heron.

Hy sê as dit nie vir die ho­ër ko­rin­gin­voer­ta­rief was wat die plaas­li­ke be­dryf teen die goed­ko­per ge­sub­si­di­eer­de in­ge­voer­de ko­ring be­skerm nie, sou ko­ring­boe­re van­jaar nie kon plant nie.

Die ta­rief op in­ge­voer­de ko­ring is in A­pril van R911,20 per ton ver­hoog tot R1 224,31 per ton.

Suid-A­fri­ka voer reeds so­wat 60% van sy plaas­li­ke ko­ring­ver­bruik in, en daar is ge­hoop dat die ho­ër ta­rief dit vir meer plaas­li­ke boe­re, ook dié wat nor­maal­weg mie­lies in die Vrystaat sou plant, wins­ge­wend sou maak om van­jaar ko­ring te plant.

Dít het vol­gens T­heron nie ge­re­a­li­seer nie.

“Te­o­re­ties ge­spro­ke moet die ko­ring­prys so­wat een-en-’n-half tot twee keer ho­ër as die mie­lie­prys wees om eer­der ko­ring as mie­lies te plant, maar met die hui­di­ge hoë mie­lie­prys is dit nie moont­lik nie en laat boe­re in die Vrystaat lie­wer hul lan­de rus tot die so­mer.”

In­tus­sen waar­sku Wan­di­le Sihlo­bo, land­bou-e­ko­noom van Ag­biz, dat die in­voer­ta­rief dalk bin­ne die vol­gen­de twee we­ke ver­der tot ’n vlak van R1 550 per ton kan styg. Dit is in­dien die in­ter­na­si­o­na­le ko­ring­prys op die­self­de vlak van $193 per ton sal bly en die rand-dol­lar-wis­sel- koers op vlak­ke van so­wat R15,30 bly.

Die in­ter­na­si­o­na­le ko­ring­prys het die af­ge­lo­pe week die so­veel­ste keer ge­daal tot on­der die vlak waar die plaas­li­ke hef­fing boe­re be­sker­ming bied.

Vol­gens T­heron het Graan SA weer aan­soek ge­doen vir die ver­ho­ging van die hef­fing.

Sihlo­bo wys daar­op dat dit be­lang­rik is om daar­op te let dat die in­voer­ta­rief nie daar­op ge­mik is om plaas­li­ke ko­ring­pry­se te laat op­skiet nie, maar eer­der om se­ker te maak dat die plaas­li­ke prys nie val tot vlak­ke wat me­de­din­gen­de pro­duk­sie on­moont­lik maak in ’n on­ge­ly­ke han­dels­om­ge­wing waar pry­se deur sub­si­dies ver­wring word nie.

Plaas­li­ke han­de­laars koop in­tus­sen fluks op die A­me­ri­kaan­se mark.

be­rig dat Suid-A­fri­ka drie we­ke ge­le­de die groot­ste aan­koop van A­me­ri­kaan­se ko­ring in am­per vyf jaar ge­doen het, vol­gens die A­me­ri­kaan­se de­par­te­ment van land­bou se da­ta.

Die A­me­ri­kaan­se de­par­te­ment van land­bou het ge­sê Suid-A­fri­ka het 45 000 ton se ko­ring ge­koop van ’n va­ri­ë­teit wat hoof­saak­lik vir brood­meel ge­bruik word – die A­me­ri­kaan­se har­de rooi win­ter­ko­ring (Hard Red Win­ter).

Die ko­ring is ge­koop vir af­le­we­ring in die ko­men­de be­mar­king­sei­soen wat Ju­nie be­gin.

Dit is die groot­ste week­lik­se tran­sak­sie van al­le ko­ring­va­ri­ë­tei­te in A­me­ri­ka se­dert Ju­lie 2011.

“Dit is on­ge­woon en in­te­res­sant,” het ’n A­me­ri­kaan­se han­de­laar ge­sê. Vol­gens hom is die ko­ring se pry­se baie goed. Han­de­laars was op die uit­kyk vir ’n toe­na­me in graan­in­voer na Suid-A­fri­ka weens die droog­te wat so­wel mie­lie as ko­ringoes­te ge­knou het.

Nog ’n A­me­ri­kaan­se ko­ring­han­de­laar meen Suid-A­fri­ka moet nou meer van die ko­ring koop ter­wyl die pry­se laag is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.