Sa­me­wer­king is sleu­tel tot kon­struk­sie­groei

Beeld - - Geklassifiseerd - El­vi­ra Wood

Daar is heel­wat ge­leent­he­de in Suid-A­fri­ka en sy buur­lan­de vir kon­struk­sie­maat­skap­pye, mits pro­jek­te reg aan­ge­pak word, sê Frans Pie­naar, uit­voe­ren­de hoof van Iny­at­si Con­structi­on.

Iny­at­si, wat van­uit S­wa­zi­land be­dryf word maar kan­to­re in Jo­han­nes­burg en Zam­bië het, is be­trok­ke by die bou van on­der meer die so­wat R3 mil­jard se in­ter­na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie­sen­trum en vyf­ster­ho­tel in E­zul­wi­ni, net bui­te M­ba­ba­ne, vir die A­fri­kaU­nie se 2020-kon­fe­ren­sie.

Die kon­fe­ren­sie­sen­trum en ho­tel van so­wat 40 000 m² elk sal na ver­wag­ting teen 2018 vol­tooi wees.

Iny­at­si het in ven­noot­skap met an­der maat­skap­pye vir kon­struk­sie op die pro­jek­te ge­ten­der.

Iny­at­si ook be­dry­wig in Zam­bië en Mosambiek.

“As ’n klei­ner kon­struk­sie­maat­skap­py het ons in die aan­loop tot die 2010-Wê­reld­be­kersok­ker­toer­nooi in SuidA­fri­ka nie eens pro­beer ten­der vir daar­die reu­se-pro­jek­te nie. Dit is toe dat ons be­sluit het om eer­der wy­er te kyk, en na ef­fens klei­ner pro­jek­te. Dit is pre­sies waar ons be­sef het ons sterk pun­te lê,” ver­dui­de­lik Pie­naar.

“Ons het baie ge­leer. On­der meer dat ’n mens saam met jou kli­ën­te moet werk. Dit is baie duur­der om ’n pro­jek te kan­sel­leer as om dit uit te stel en ’n plan te maak as die geld op­raak. Ons moes al tel­ke­ma­le met ons kli­ën­te on­der­han- del om ’n pro­jek te kon vol­tooi, on­ge­ag fi­nan­si­ë­le uit­da­gings,” sê hy.

Pie­naar glo as ’n maat­skap­py saam met ’n plaas­li­ke ge­meen­skap werk en hul vaar­dig­he­de ont­wik­kel, het hy ’n baie be­ter kans op vol­hou­baar­heid.

“Wan­neer ons ’n nu­we mark be­tree, be­gin ons aan­vank­lik met hoof­saak­lik bui­te­lan­ders. Ons be­gin eg­ter so gou moont­lik plaas­li­ke men­se aan­stel en op­lei so­dat die maat­skap­py as’t wa­re ’n plaas­li­ke rol be­gin ver­vul.”

Vol­gens hom is daar bui­ten die pro­jek­te waar­by hul­le reeds be­trok­ke is, heel­wat meer ge­leent­he­de be­skik­baar vir maat­skap­pye met die reg­te ken­nis en vaar­dig­he­de.

“Ons sien heel­wat be­leg­gings van ver­al in­ter­na­si­o­na­le ont­wik­ke­lings­a­gent­skap­pe in pro­jek­te in A­fri­ka­lan­de. Dit is ver­al hier waar ons glo ons toe­koms lê,” sê hy.

Frans Pie­naar, uit­voe­ren­de hoof van Iny­at­si Con­structi­on, glo daar is nog baie ge­leent­he­de vir kon­struk­sie­maat­skap­pye in Suid­A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.