5 SA jon­ges op ‘For­bes’­lys van en­tre­pre­neurs

Beeld - - Geklassifiseerd - – News24

Die 19-ja­ri­ge uit­voe­ren­de hoof van La­test Sig­htings, wat reg­streeks beel­de uit die Kru­ger­wild­tuin uit­saai, is een van For­bes se to­pen­tre­pre­neurs jon­ger as 30 jaar oud in A­fri­ka.

Na­dav Os­sen­dry­ver, ook be­kend as Google M­cDuff, was maar 15 jaar oud toe hy La­test Sig­htings be­gin het.

Hy ge­bruik ska­re­fi­nan­sie­ring en hou be­soe­kers en wild­gees­drif­ti­ges wê­reld­wyd op die hoog­te van wat in die wild­tuin aan­gaan.

The Kru­ger Sig­htings YouTu­be-ka­naal is die ge­wild­ste Suid-A­fri­kaan­se ka­naal en is al 315 mil­joen keer be­kyk, het Os­sen­dry­ver gis­ter aan Fin24 ge­sê.

Nog vier Suid-A­fri­ka­ners is van­jaar op die lys.

Een van hul­le, Siya Beyi­le (28), stig­ter en kre­a­tie­we en mo­de­di­rek­teur van The Thre­a­ded Man, is on­langs ook aan­ge­wys as die ge­sig van die A­me­ri­can S­wiss-veld­tog en mo­de­di­rek­teur van die SuidA­fri­kaan­se mu­siek­pry­se (Sa­mas), wat van­jaar op 4 Ju­nie in Dur­ban ge­hou word.

In­ga Gu­be­ka (28), stig­ter en uit­voe­ren­de hoof van In­da­lo Dé­cor in Paar­den­ei­land, Kaap­stad, ont­werp en ver­vaar­dig ei­e­soor­ti­ge pro­duk­te van hout, leer en seil, on­der meer ru­gen an­der sak­ke, lam­pe en staan­hor­lo­sies en by­kom­stig­he­de van hout vir sel­fo­ne en ta­bletre­ke­naars.

Em­ma­nu­el Bo­no­ko is aan­ge­wys van­weë sy werk in jeug­be­mag­ti­ging en on­der­rig.

Een van die eer­ste pro­jek­te waar­by dié maat­skap­li­ke en­tre­pre­neur deur sy EBo­no­kostig­ting be­trok­ke ge­raak het, was om boe­ke in te sa­mel en land­wyd te ver­sprei. Hie­r­uit het pro­gram­me vir jeug­men­tor­skap, beurs­veld­tog­te en jeug­se­mi­na­re ont­wik­kel.

Mo­gau Ses­hoe­ne se on­der­ne­ming, The La­zy Ma­ko­ti (die lui bruid), is ge­mik op jong vroue wat geen i­dee het hoe om tra­di­si­o­ne­le maal­tye te be­rei nie.

Dees­dae het sy drie men­se in diens wat haar help met kook­les­se en ad­mi­nis­tra­sie. On­reg­streeks gee sy nog vyf vroue in Ma­me­lo­di, P­re­to­ria werk. Hul­le maak La­zy Ma­ko­ti-by­kom­stig­he­de vir kok­ke, soos voor­sko­te.

Die om­vang van en­tre­pre­neurs se be­dry­wig­he­de, die po­ten­si­aal van die on­der­ne­ming, hul strui­kel­blok­ke en deur­set­tings­ver­moë word in ag ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.