Nou vir aan­slag op die reg­stel­sel

Beeld - - Kommentaar -

Dit is te be­twy­fel of pres. Ja­cob Zu­ma ’n be­grips­toets sal slaag oor e­ni­ge van die staats­re­des wat vir hom ge­skryf word, maar ek dink ook ons on­der­skat sy slinks­heid – ver­al nou met sy rug teen die muur.

Twee aan­stel­lings in die vol­gen­de paar maan­de gaan be­paal in wat­ter ma­te hy en sy ANC-me­de­plig­ti­ges se on­ver­my­de­li­ke teen­aan­val op die reg­stel­sel sal slaag. Selfs Zu­ma leer uit sy fla­ters. Hy het hom in 2011 le­lik mis­gis met die aan­stel­ling van hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng – ie­mand wat baie men­se ge­glo het “Zu­ma se man” sou wees.

Dit was on­teen­seg­lik dui­de­lik dat Zu­ma met Mo­goeng se aan­stel­ling wou keer (en wel ge­keer het) dat reg­ter Dik­gang Mo­se­ne­ke, na sy ver­moe­de ’n “M­be­ki-man”, hoof­reg­ter word.

Met ’n he­le hof­rol toe al teen hom, ver­al oor die voort­sle­pen­de wa­pen­skan­daal, het Zu­ma geen keu­se ge­had nie as om die mag bin­ne die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof in sy guns te pro­beer be­werk.

Mo­se­ne­ke het pas met sy laas­te uit­spraak in die land se hoog­ste hof uit­ge­tree en ’n ga­ping vir Zu­ma ge­los.

In die ge­hoor was T­ha­bo M­be­ki en K­ga­le­ma Mot­lant­he. Hul teen­woor­dig­heid het waar­skyn­lik Zu­ma se ver­vol­gings­waan be­ves­tig.

Die on­lang­se vol­bank-be­slis­sing, by mon­de van Mo­goeng, dat Zu­ma die Grond­wet ge­min­ag het, knaag aan die be­le­ër­de en ver­deel­de ANC.

Om­dat daar­die uit­spraak ook die regs­in­te­gri­teit en on­af­hank­lik­heid van adv. T­hu­li Ma­don­se­la, o­pen­ba­re be­sker­mer, ten kos­te van Zu­ma én die par­le­men­tê­re ANC, be­ves­tig het, ver­se­ker dit die re­ge­ren­de par­ty se toe­ne­men­de kwes­baar­heid by die stem­bus, nou en ver­al la­ter in die vol­gen­de al­ge­me­ne ver­kie­sing.

Zu­ma en sy po­li­tie­ke lyf­wag­te kan dit nie be­kos­tig dat nóg ’n Ma­don­se­la die uit­tre­den­de T­hu­li ver­vang nie. Nog min­der kan hy en sy po­lit­bu­ro toe­laat dat hul­le weer “ver­raai” word deur ’n reg­ter wat Mo­se­ne­ke ver­vang.

Die wie­le rol reeds om te ver­se­ker dat ge­swo­re Zu­ma-lo­ja­lis­te so­wel Mo­se­ne­ke as Ma­don­se­la se plek­ke in­neem.

Die eer­ste te­kens daar­van is be­rig­te dat die ANC se par­le­men­tê­re kou­kus reeds plan­ne be­raam om Ma­don­se­la te ver­vang met ’n lo­ja­le ANC-LP, hand­uit­ge­soek deur Zu­ma self. Dit sal ook nie­mand ver­baas nie dat Zu­ma­ïe­te reeds woel om die kan­di­da­te­lys wat aan die Reg­ter­li­ke Diens­kom­mis­sie voor­ge­lê word, in hul guns te laai.

Ver­wag ook dat die kom­mis­sie wat o­pen­ba­re on­der­hou­de met dié kan­di­da­te moet hou, deur die mag­ti­ge Zu­ma­bin­ne­kring “af­ge­rig” sal word.

Die ge­volg kan wees dat die kom­mis­sie se fi­na­le kort­lys kan­di­da­te vir Zu­ma om uit te kies om die Mo­se­ne­ke-ga­ping te vul, sal be­staan uit sy hand­pop­pe.

So des­pe­raat – met ’n string han­gen­de klag­te teen hom – is dit ’n po­li­tie­ke nood­wen­dig­heid dat hy sal moet pro­beer om die e­we­wig in die land se hoog­ste reg­bank in sy guns te ma­ni­pu­leer. Zu­ma wil nie weer ge-“Mo­goeng Mo­goeng” word nie, nié met die tronk wat wink nie.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof en die o­pen­ba­re be­sker­mer is twee uit die drie van Zu­ma se tei­kens teen die land se reg­stel­sel.

Die der­de het hy reeds met ’n lief­despyl in die hart ge­tref. Die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag tree op as Zu­ma se per­soon­li­ke Ge­sta­po en “ad­vo­kaat vir die ver­de­di­ging” én ver­vol­ger van sy po­li­tie­ke vy­an­de, soos Pra­vin Gord­han.

Die ste­wig­ste pi­laar in die Suid-A­fri­kaan­se de­mo­kra­sie – die reg­spre­ken­de ge­sag – is on­der by­na on­houd­ba­re po­li­tie­ke druk. Dis al­les ten be­hoe­we van een man, Ja­cob Zu­ma.

Word daar­die pi­laar om­ge­stoot, val die dak van Ge­bou Suid-A­fri­ka bo-op al­mal.

Dit kan nie, dit mag nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.