Boe­lie­bief raak nou net soos die Blou Boe­lie

Beeld - - Kommentaar -

Ja nee, nou weet ons ge­wo­ne pie­pols ook uit­ein­de­lik hoe­kom die poe­lies­te nie ge­noeg voer­tuie het om skelms mee te jaag nie. Daai ou be­gro­tin­kie is toe mos mooi­tjies na Nom­mer Een se an­ties se luuk­se ry­goed toe ge­ka­na­li­seer (of dalk eer­der ge­kri­mi­na­li­seer).

Ar­me tant Lies­bet van In­ge­land moet op 90-ja­ri­ge ou­der­dom in ’n koet­se­ri­ge per­de­wa tus­sen haar pa­lei­se rond­be­weeg, maar die Zu­ma’s het elk­een hul eie blink ry­ding met ’n 4x4-sleep­wa om week­liks al die in­ko­pies van Sand­ton en Umhlan­ga en die kin­der­tjies van die pri­va­te sko­le af te­rug by die ron­da­wels in N­skan­da­lig te kan kry.

Dik Daan sê as hy Nom­mer Een was en die be­las­ting­be­ta­ler dok op vir jóú ou kwart­jies se be­der­fies, sou hy rê­rig groot ge­gaan het. “Wat­se ou Land Ro­vert­jies, Au­di’tjies en BMW’tjies is dit met hom as hy veel eer­der vir hul­le elk­een ’n Porsche Pa­na­me­ra, ’n Bent­ley F­lying S­pur V8 of Rolls-Roy­ce Sil­ver Cloud kon ge­re­ël het?” brom hy.

“Al is ons ou land­jie op die rom­mel­hoop, hoef ons da­rem mos nie soos ’n klomp arm­gat­te te lyk ook nie!

“Maar aan die an­der kant, ’n sleep­wa vol hoen­ders ag­ter­aan ’n Porsche of Rolls lyk ook nie vir my heel­te­mal reg nie.”

’n Mens won­der ook of die an­ties da­rem self die kleu­re en be­kleed­sels kon kies. Met so baie keu­ses sal ek dees­dae nie ’n i­dee hê wat­ter ry­ding om te vat nie. Ek suk­kel dees­dae om e­nig­iets te koop om­dat daar so ’n mag­dom keu­ses is.

Moe­nie dink dis meer ’n een­vou­di­ge sto­rie as vrou­lief jou stuur om ’n kom­min ding soos boe­lie­bief te gaan koop nie. Ek staan in to­ta­le ver­war­ring voor daai rak, want dis boe­lie­bief met hoen­der (ja, hoen­der!), boe­lie­bief met cha­ka­lak­ka­sous, met pe­ri-pe­ri, met groen­te­pro­te­ïen, met graan­kos, 45% min­der vleis (as­of dit ’n plus­punt is vir boe­lie­bief!). Ja, vrien­de, 13 soor­te waar­uit ek moet kies en ek soek net één, naam­lik boe­lie­bief met boe­lie in. Maar nou ja, met die Blou Boe­lie in die toe­stand waar­in hy is, was dit ook se­ker maar te ver­wag­te.

En dan kof­fie. Oom John­ny vra ver­le­de week aan ons wan­neer ons laas kof­fie pro­beer be­stel het by een van die boe­tiek­plek­kies waar die jap­pies op pad werk toe kof­fie koop. Hy ver­tel: “Ek staan in daai tou en hoe na­der ek aan be­stel kom, hoe meer on­se­ker raak ek. Die spys­kaart sê: ‘A­me­ri­ca­no, es­pres­so, dou­ble es­pres­so, cap­puc­ci­no, flat whi­te, café lat­te, cho­co­li­no, car­ta­do, bre­ve, mo­cha, es­pres­so mo­cha en so aan en so voorts. Die mei­sie vra wat ek wil hê en ek ant­woord plein ge­wo­ne sak­kie­kof­fie met koue melk. Nee jam­mer, ek moet een van dáái goe­ters be­stel. Ek vat maar die a­me­ri­ca­no en hoop vir die bes­te.

“Ja, man­ne, en toe is my sim­pa­tie by on­se Toe­tie Kort­zee, wat ’n Bok-span moet kies met net die reg­te ver­hou­ding tus­sen es­pres­so’s, dou­ble es­pres­so’s en flêt whi­tes. En dan boon­op nog moet be­sluit of hy wit­sui­ker, bruin­sui­ker of soe­ties moet by­gooi.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.