Al­lis­ter Coet­zee slaag moei­li­ke toets met sy span

Beeld - - Kommentaar -

Al­lis­ter Coet­zee het sy eer­ste toets as S­pring­bok-af­rig­ter ge­slaag. Dit was al­les­be­hal­we mak­lik om sy eer­ste Bok-groep te kies. Meer oë as ge­woon­lik was dié keer op die S­pring­bok­ke se af­rig­ter toe die na­me van sy eer­ste na­si­o­na­le groep uit­ge­lees is.

On­der­steu­ners wou nie weer die na­me sien van ve­te­ra­ne wat bloot op re­pu­ta­sie ge­kies word nie. Hul­le wou be­lo­wen­de jong spe­lers in die groep sien.

Hul­le wou sien dat die Leeus, an­ders as ver­le­de jaar, be­loon word vir op­win­den­de rug­by week ná week.

Som­mi­ge wou ook nie weer te veel spe­lers in die Bok-groep hê wat hul geld by oor­se­se klubs ver­dien nie.

En die kleur­sa­me­stel­ling van die span was on­der ’n veel sker­per ver­groot­glas as ge­woon­lik ná ver­le­de jaar se ge­brek­ki­ge trans­for­ma­sie.

Coet­zee het daar­in ge­slaag om die mees­te van dié kri­ti­ci te­vre­de te stel.

Mak­lik was dit be­slis nie. Suid-A­fri­kaan­se rug­by het ver­al ’n ont­stel­len­de ge­brek aan diep­te in die sleu­tel­po­si­sies van los­ska­kel en skrum­ska­kel.

Daar­van ge­tuig die keu­se van die S­tor­mers­skrum­ska­kel Nic Groom, maar hy sal waar­skyn­lik slegs die der­de keu­se wees ná Faf de K­lerk en Ru­dy Pai­ge.

Wenk­broue kan ook ge­lig word oor Garth A­pril se in­slui­ting as los­ska­kel, maar hy is be­slis ’n be­leg­ging vir die toe­koms in ’n po­si­sie waar­oor me­ni­ge Bok-on­der­steu­ner sleg ge­slaap het.

Coet­zee se groep is ’n goeie meng­sel van jeug en er­va­ring. Spe­lers is dui­de­lik be­loon vir goeie spel in die Su­per­rug­by-reeks, waar­van die se­we Leeus in die groep ge­tuig. (Hey­ne­ke Mey­er het g’n Leeu ver­le­de jaar as goed ge­noeg vir sy Bok-groep be­skou nie.)

Spe­lers van oor­see wat be­trek is, is ook nie ve­te­ra­ne wie se bes­te dae straks ver­by is nie.

S­te­ven Kits­hoff, een van hul­le, is in­teen­deel ’n be­leg­ging vir die toe­koms en ie­mand wie se spel Coet­zee eer­ste­hands ken.

Met dié groep be­hoort Coet­zee die Ie­re in aan­staan­de maand se reeks van drie toet­se ore aan te sit en ho­pe­lik is dit die be­gin van ’n her­le­wing in S­pring­bok-rug­by.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.