Neer­laag is dán voor­reg

Brie­we

Beeld - - Kommentaar - T­heo Vor­ster van Ga­li­leo Ca­pi­tal skryf:

Ri­chie M­cCaw meen die 2009-S­pring­bok­ke is die bes­te groep spe­lers waar­teen hy in sy loop­baan ge­speel het. Suid-A­fri­ka het in 2009 goeie ta­lent ge­had, die Bul­le het die Su­per­rug­by­kroon in 2009 ver­o­wer en weer in 2010, toe hul teen­stan­ders in die eind­stryd Al­lis­ter Coet­zee se S­tor­mers was. Ons kon nooit weer hier­die vlak van suk­ses op Su­per­rug­by-vlak be­leef nie; dit het uit­ein­de­lik in die S­pring­bok­ke se pres­ta­sie deur­ge­kom.

In die agt maan­de tus­sen die suk­ses­vol­le 2009- en 2010-Su­per­rug­by­reeks het die Bok­ke drie keer teen die All Blacks ge­speel en al drie ke­re ge­wen, waar­van een oor­win­ning nog­al in Ha­mil­ton in Nieu-See­land was. M­cCaw was in net twee van sy 61 toet­se wat hy in Nieu-See­land ge­speel het aan die ver­loor­kant, waar­van die 2009-ne­der­laag in Ha­mil­ton een is.

Coet­zee was een van ons meer suk­ses­vol­le Su­per­rug­by-af­rig­ters. Ons ver­geet eg­ter dat Coet­zee se S­tor­mers ui­ters ver­ve­li­ge rug­by ge­speel het en ver­geet hoe die S­tor­mers ge­suk­kel het om bo­nus­pun­te vir vier drieë by­me­kaar te maak. In 2012 het die S­tor­mers bo­aan die Su­per15-pun­te­lys ge­ein­dig, maar was die e­nig­ste van al die 15 deel­ne­men­de span­ne wat nie bo­nus­pun­te vir vier drieë kon ver­werf nie. In die 2012-, 2013-, 2014- en 2015sei­soen kon die S­tor­mers dit slegs in vyf van hul 64 wed­stry­de reg­kry om vier drieë te druk – die ge­mid­del­de span het dit in dié sei­soe­ne 15 keer reg­ge­kry om vier drieë te druk.

Coet­zee moet nou ten vol­le on­der­steun word en die ruim­te kry om sy eie per­soon­lik­heid na die S­pring­bok­ke te bring. Coet­zee het twee baie groot uit­da­gings: Be­hoor­li­ke trans­for­ma­sie en om die ver­ou­der­de stra­te­gie van “geen ri­si­ko, smoor die spel” te ruil vir ’n mo­der­ner drie­druk-spel­pa­troon. Dit is ver­bly­dend dat ons Su­per­rug­by­span­ne be­sig is om aan te pas by ’n mo­der­ner spel­pa­troon en hul­le daar­in te laat geld. Moet net nie ver­wag dat die S­pring­bok­ke die All Blacks ge­reeld gaan klop tot­dat ons ta­lent in die Su­per­rug­by-span­ne nie by die 2009- en die 2010-Su­per­rug­by-span­ne se pres­ta­sies kan kers vas­hou nie!

As ’n Lof­tus-sei­soen­kaart­jie­hou­er was die Bul­le se neer­laag Sa­ter­dag pu­re Leeu-ple­sier; om te ver­loor as sul­ke rug­by ge­speel word, is ’n voor­reg!

S­terk­te, Al­lis­ter, ons staan bank­vas ag­ter jou!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.