Sy vier toe­komssce­na­rio’s is an­ders as dié van Frans Cron­jé. Al M­be­ki s’n im­pli­seer ge­weld.

Beeld - - Boeke -

Toe Moe­let­si M­be­ki in Ar­chi­tects of Po­ver­ty (2009) A­fri­ka bla­meer vir sy eie sis­te­ma­tie­se on­der­gang, was die boek ’n tref­fer. Toe ek A­fri­ka as ’n ar­gi­tek van a­part­heid be­noem het, was die hel los, want wie in die wê­reld word mos nie ge­ïn­spi­reer om met A­fri­ka te in­te­greer of han­del te dryf nie?

M­be­ki ant­woord ge­luk­kig daar­die vraag som­mer self in sy A Ma­ni­fes­to for So­ci­al C­han­ge (2016). Dit is ’n kort boe­kie van net 120 blad­sye, maar dit is re­de­lik fris as jy in ag neem dat R.W. John­son die on­der­werp van ons na­si­o­na­le py­ne reeds deeg­lik uit­ge­put het.

A Ma­ni­fes­to for So­ci­al C­han­ge is die laas­te in die reeks. In Ar­chi­tects be­lig Moe­let­si M­be­ki – ge­sien as die meer nug­ter boe­tie van T­ha­bo – hoe die swart e­li­te die kon­ti­nent se on­der­gang is. In Ad­vo­ca­tes for C­han­ge (2011) waag hy me­di­um­ter­myn-voor­stel­le ter op­los­sing. Dui­de­lik het laas­ge­noem­de nie ge­werk nie en nou het hy sy nig­gie in­ge­span om die tri­lo­gie da­rem met ’n ma­te van waar­dig­heid af te bind.

Ek kan my nie uit­laat oor Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie­se mo­del­le nie, maar dit moet moei­lik wees om an­der mo­del­le te be­vraag­te­ken en te de­kon­stru­eer as hier­die een nog geen noe­mens­waar­di­ge pres­ta­sie toon nie. M­be­ki voel dat vo­ri­ge mo­del­le, wat ook nie ge­slaag het nie, bla­meer moet word vir die on­ge­leë po­si­sie van die e­li­te as hin­der­nis tus­sen ka­pi­taal en staat, en die staat wat soms tus­sen die e­li­te en ka­pi­taal in­ge­wig is. Wat hy nie sê nie is hoe hier­die klag­tes ver­skil­len­de din­ge vir die ka­pi­ta­lis en so­si­a­lis be­te­ken.

A­fro­sen­trie­se be­han­de­ling van A­fri­ka­pro­ble­me ver­lang vol­gens die re­ël eu­fe­mis­tie­se taal­ge­bruik – wat drie boe­ke la­ter maar dik vir ’n daal­der word. S­ha­ka se bloed­ver­gie­ting word on­der meer as ’n pro­duk­tie­we re­vo­lu­sie ge­skets. Maar as jy die ge­bruik­li­ke a­part­heid­skuld-pro­loë kan ver­teer, is die res vin­ta­geM­be­ki.

As jy wil weet hoe­veel ka­pi­taal eint­lik die land uit­vloei, oor die in­ter­ak­sie tus­sen Suid-A­fri­kaan­se klas­se, hoe Moody’s en Fitch se gra­de­ring werk, as­ook oor die an­der son­de­bok­ke op ons e­ko­no­mie­se af­gly­baan, maak M­be­ki ’n in­sig­ge­wen­de leer­mees­ter.

Ter ver­de­di­ging moet ge­sê word dat Moe­let­si M­be­ki die min­ste po­li­ties kor­rek is van er­ken­de swart kom­men­ta­tors en nie mak­lik hui­wer om kri­ties te staan teen­oor die re­ge­ring, die ANC-lei­er­skap en hul be­nar­de be­slui­te nie. Gra­fi­ka: ISTOCK

Hy skryf da­rem nie die a­part­heid-suk­ses­se aan “black tax­a­ti­on” toe nie, maar bla­meer a­part­heid, ei­en­dom en ei­e­naar­skap vir die res van ons pro­ble­me. Re­gu­la­sie­blaam of ver­stek­s­kuld, sou ons dit teen dié tyd kan noem. Hy voel daar was vol­doen­ba­re post-a­part­heid-vi­sie, waar­van ons nou weg­re­ti­reer.

Dan ver­val hy weer in die rooi­taal van “re­vo­lu­ti­on” en dat ons nou op die voor­aand staan van ’n re­vo­lu­sie soos dié in Frank­ryk in 1789, A­me­ri­ka in 1860 en C­hi­na in 1978. Die groot aanspo­ring daar­toe is, vol­gens M­be­ki, die feit dat swart men­se moeg is om tou te staan vir gra­tis wel­syn van die staat en die mil­de “lar­ges­se” van an­der wel­doe­ners. Dit is ’n wil­de aan­spraak, maar een wat wel­kom is sou dit waar wees; een uit drie SuidA­fri­ka­ners is af­hank­lik van staats­toe­lae. Dit is eg­ter ver van op­ge­los of om toe­lae-on­af­hank­lik­heid te in­spi­reer of -af­hank­lik­heid te be­sweer. Hy er­ken self dat dit as ’n be­lo­ning vir die lae klas dien, om so ver­kie­sing­vod­de te bly. Sy vier toe­koms-sce­na­rio’s is an­ders as dié van Frans Cron­jé. Al M­be­ki s’n im­pli­seer ge­weld. Sleg­te nuus, as dit nuus was in ’n land met 14 740 pro­tes­ak­sies per jaar. Die bit­ter eer­li­ke M­be­ki is da­rem nooit te ver nie. Hy weet daar is ka­ta­stro­fie­se staats­ver­val en e­nor­me e­ko­no­mie­se ge­mis, en ons hoor sy kre­te. Dat die e­ko­no­mie moet groei is “past ur­gent”. Die ver­vaar­di­ging­sek­tor is in ’n “no­se­di­ve” en “so­mething is very, very wrong with South A­fri­ca”, meen hy. Geen Zu­m­a­fi­se­ren­de ge­paai­e­ry oor ’n goeie sto­rie om te ver­tel nie. Hier is ’n ont­nug­te­ring wat ons al­mal goed leer ken het. Dit is soms no­dig om ’n stem uit te son­der in die war­re­ling van si­nie­se Suid-A­fri­kaan­se me­nings. Moe­let­si M­be­ki is mees­al so ’n uit­son­de­ring. Dit is ’n roe­ping om op die hoog­te te bly van ’n land vrot van land­skap­ver­an­de­rings, en Moe­let­si M­be­ki trek dié wat nog wil hoor te­rug by die ge­sprek in. ) S­te­ve Hof­meyr is ’n be­kroon­de san­ger en skry­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.