Jy ruik die woe­de in ‘Gang To­wn’, hoor die ge­weer­sko­te

Beeld - - Boeke -

Nie­fik­sie

Gang To­wn Don Pin­nock TA­FEL­BERG, R225

Om on­ge­voe­lig en in ont­ken­ning weg te kyk en self­vol­daan te wees om­dat jy dalk mooi na jou eie kin­ders kyk, is klein­gees­tig en pro­vin­si­aal. Dis tog van­self­spre­kend dat ons al­mal ho­lis­ties aan me­kaar ver­bind is soos een buurt met die an­der.

Die sim­bo­lie­se bo­dorp en on­der­dorp a­dem die­self­de lug in. As ’n brand in Lan­ga uit­breek, sal die men­se teen die han­ge van Ban­try­baai waar­skyn­lik die don­ker rook­wol­ke sien.

Ig­no­reer ons die traak-my-nie­ag­ti­ge kri­sis van koel on­ver­skil­lig­heid, word die hek­ke en poor­te van die stad (en land) ge­ruk soos nou deur die op­stan­di­ge jeug. Baie van hul­le is hon­ger, ver­dool, woe­dend, weg­ge­smyt. Ver­waar­loos­de kin­ders wil deel van iets voel, daar­om be­staan ben­des.

Die ge­vol­ge is dui­de­lik, nie­mand is on­aan­ge­raak nie. Mis­daad en ge­weld het ons bu­re ge­word, al woon jy in ’n krot of ’n spog­huis.

Daar­om is hier­die boek oor Kaap­stad en sy ben­des van na­si­o­na­le be­lang. Al­mal, ook slag­of­fers van ge­weld, sal met die nou­keu­ri­ge lees van Gang To­wn ver­ryk word.

Of­skoon daar net op die Ja­nus­ge­sig (fraai én flod­de­rig) van die Kaap ge­fo­kus word, is dit nie pa­ro­gi­a­le na­vor­sing oor net een stad en ’n rand­sek­tor van sy jeug se psi­go­so­si­a­le pro­ble­me nie. Dis ook nie ’n boek wat al­mal op die Kaap­se Vlak­te en sy bui­te­wy­ke as ge­brek­li­ke an­tro­po­lo­gie­se cli­chés af­skryf nie.

Dis ’n deeg­li­ke stu­die oor die es­sen­sie van ons he­le land se ge­sple­te hart. Al kan jy fi­sies niks doen nie, kan jy jou ho­ri­son­ne met hier­die boek ver­breed en em­pa­tie ont­wik­kel.

Don Pin­nock is ’n on­der­soe­ken­de joer­na­lis en kri­mi­no­loog wat be­hen­dig op meer as der­tig jaar se na­vor­sing staat­maak om ’n ge­nu­an­seer­de boek oor jong ben­de­le­de en de­lin­kwen­te te skryf.

Die in­lig­ting is fas­si­ne­rend en jy hoef nie ’n graad in siel­kun­de te hê om al­les te ab­sor­beer nie. Dis as­of hy jou met ’n flits deur die stra­te neem om per­soon­lik ken­nis te maak met fa­mi­lies en hul kin­ders.

Jy ruik die woe­de, hoor die ge­weer­sko­te, voel hoe jy jou arms om die seer wil vou. Sy ja­re as joer­na­lis maak sy skryf­styl soe­pel, hy is met sy woor­de spaar­sa­mig, met net die reg­te tem­po en rit­me.

Daar’s ’n in­lei­ding, ses hoof­stuk­ke, elk met ruim eind­no­tas, en ’n ap­pen­diks. Die hoof­stuk­ke wis­sel van die uit­wis­sing van Dis­trik Ses en die ge­vol­ge daar­van, die le­we op die Kaap­se Vlak­te na­dat vrien­de en fa­mi­lies uit­me­kaar ge­skeur is, hoe om die on­stui­mi­ge psi­gie­se ri­tu­e­le van a­do­les­sen­te te ver­staan, die so­si­o­lo­gie­se raam­werk van ben­des, en veel meer. Die by­laag teen die ein­de ver­skaf be­lang­ri­ke in­lig­ting vir ou­ers, on­der­wy­sers en ge­meen­skap­wer­kers.

Met Dis­trik Ses, ver­val­le soos dit was, is die fyn net van ’n teer ge­meen­skap uit­ge­ra­fel. Ou­mas en ou­pas kon ná skool na die kin­ders kyk, die ei­e­naar van die hoek­ka­fee of kle­re­ma­ker het al­mal op die naam ge­ken, en ben­de­le­de het ou­men­se, kin­ders en “mof­fies” ge­re­spek­teer. Die hui­se was ruim ge­noeg so­dat aan­ge­trou­de fa­mi­lie ook kon in­trek. Daar was ’n web van sorg.

Daar­ná is men­se wat vir me­kaar lief was op die Kaap­se Vlak­te ver uit­me­kaar ge­plaas, na­sorg vir kin­ders het ver­dwyn om­dat wo­nings te klein was vir die groot­ou­ers. Ver­der was die bu­re en al­mal in die nu­we ge­bied on­be­ken­des.

Die span­ning van op­me­kaar woon en die af­we­sig­heid van ’n ge­lief­de, in­tie­me en be­sker­men­de ge­nus lo­cus het hu­we­li­ke laat ver­brok­kel en men­se vy­an­dig ge­maak. Hui­se en buur­te het tok­sies ge­raak. Skool­kin­ders was bui­te skool­u­re le­dig en die ge­wo­ne ruim­tes vir ont­span­ning was weg. Men­se wat ge­woon­lik vir me­kaar moes uit­kyk was ver­splin­ter en ver­dwe­ne. Die ou oom in die par­kie wat met die kin­ders kon raas as hul­le hand­uit ruk, was weg.

Tan­nie Dol­lie wat as jy siek was na jou kon kyk ter­wyl jou ma-hul­le moes gaan werk, is na ’n an­der plek ge­skuif. Ie­wers waar die bus­se en trei­ne nie gaan nie.

Die dae het leeg ge­word. Op die Vlak­te is daar ’n san­de­ri­ge wind wat waai, ’n troos­te­loos­heid wat jou soos ’n wees­kind laat voel.

Drank en dwelms het ’n ver­do­wen­de uit­wer­king teen die nag­mer­rie en ont­red­de­ring te­weeg­ge­bring en die ver­val het na an­der ge­bie­de en dor­pe uit­ge­brei soos die ten­ta­kels van ben­des nog vat­plek ge­soek het.

Met­ter­tyd het groot ge­deel­tes van hier­die ge­meen­skap in duie ge­stort en hier­die boek kyk na me­to­des hoe die pad vo­ren­toe ver­be­ter kan word.

Tot dan moet die men­se wat toe­ge­laat het dat Dis­trik Ses ge­sloop moet word, ge­rus een­kant gaan staan en hul kop in skaam­te laat sak. Want deur hul stil­swye is die son­des van die va­ders in­der­daad toe­ge­re­ken aan die kin­ders. Me­ne me­ne te­kel u­far­sin. ) Herman La­te­gan is ’n vry­skut­re­sen­sent en joer­na­lis van See­punt.

Met Dis­trik Ses, ver­val­le soos dit was, is die fyn net van ’n teer ge­meen­skap uit­ge­ra­fel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.