Klag­te van die week

Beeld - - Tot U Diens -

Ma­ria Fou­rie het na­mens haar ma ’n klag­te oor Brad­lows, Pot­chef­stroom, vir Tot u Diens ge­stuur. “My ma het ’n sit­ka­mer­stel by Brad­lows in Pot­chef­stroom ge­koop. ’n Baie vrien­de­li­ke win­kel­as­sis­tent het my ma ge­help. Die stel is met ’n waar­borg van twee jaar ver­koop. Die pro­se­du­re om ’n pro­bleem met die stel aan te meld, is aan my ma ver­dui­de­lik.”

Brad­lows het die sit­ka­mer­stel by Fou­rie se ma af­ge­le­wer.

“Na­dat my ma die stel se plas­tiek­om­hul­sel ver­wy­der het, het sy da­de­lik ge­merk daar is ’n pro­bleem. Daar was fout met die ma­te­ri­aal. My ma het ge­sê die af­le­we­raars moet die stel weer op­laai en te­rug­vat. Brad­lows se per­so­neel het ge­sê my ma moet so­lank die stel vat en dan die vol­gen­de og­gend die pro­bleem vol­gens hul pro­se­du­re aan­meld. My ma het dit ge­doen en ’n ver­wy­sings­nom­mer ge­kry. Sy het nie weer van Brad­lows ge­hoor nie en het hul­le self weer ge­kon­tak. Vol­gens Brad­lows sou my ma ’n nu­we bank kry.”

Fou­rie se ma het ge­dul­dig vir die nu­we bank ge­wag.

“Die bank het nie ge­kom nie. Weer het my ma Brad­lows se kli­ën­te­diens ge­kon­tak. Hul­le het tel­kens die pro­bleem na die plaas­li­ke tak te­rug­ver­wys wat op hul beurt niks aan die saak ge­doen het nie.

“My ma het die be­stuur­der van die plaas­li­ke win­kel ge­kon­tak en hy het be­lo­we om te kom kyk wat aan die gang is. “Hy het nie op­ge­daag nie. “Ie­mand van Brad­lows het uit­ein­de­lik by my ma se huis op­ge­daag om na die stel te kyk. Vol­gens hier­die per­soon was my ma se sit­ka­mer­stel nie ’n nu­we een nie. Dit was by ’n an­der win­kel ver­toon.

“Die streeks­be­stuur­der se hulp sou in­ge­roep word. Weer het ons op re­ak­sie ge­wag wat nooit ge­kom het nie. Brad­lows se eie per­so­neel het al te ken­ne ge­gee my ma be­hoort ’n nu­we stel te kry. Ons kan nie ver­staan hoe­kom my ma dan nie haar stel ver­vang kan kry nie.”

Tot u Diens het Brad­lows op Fou­rie se skry­we be­dag ge­maak.

Hul­le het haar ma die ge­leent­heid ge­bied om ’n nu­we stel by haar plaas­li­ke win­kel te kies.

Sy het Brad­lows se aan­bod aan­vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.